Filed under: Uncategorized
Die Mummy is ‘n ou EKO kitaar. Dis gemaak in Italie een of ander eeu in die vorige lewe. Die maatskappy het intussen
gevou en ‘n ou in Engeland het al die spares oorgekoop. Hulle maak nou Eko’s in Engeland
Anyways, die kitaar het my oupa 10 teen 1 by ‘n ou gekoop lank gelede wat moontlik geld nodog gehad het. Die ding beland toe in my tannie se motorhuis.
Ek het tehore gekom van die “ou” kitaar wat le en verniel raak in haar garage. Name soos “Gibson” en “Fender” het onmiddelik deur my kop geflits. Skaamteloos het ek gaan “kuier” by die tannie om die kitaar te gaan besigtig. Dit was toe nie ‘n Fender of ‘n Gibson nie…maar wel die Mummy. Die tannie het goedhartig besluit om die kitaar aan my te skenk aangesien ek wel actually kan kitaar speel. Ek neem die Mummy toe met groot dankbaarheid en begin dadelik met restorasie werk.
Nuwe snare (Ernie Ball Slinkies- net die beste vir die Mummy!), lead, machine heads en Fender volume knoppies! Ja, soos ek gese het, net die beste vir die Mummy! Die kitaar het silwer fretplates. Verbeel jou dit. Maar die goed as al so uitgespeel dat al effek wat jy op die kitaar kry, is ‘n fret buzz. Ook skep die kitaar se oenkynlike tekort aan funksionele earthing ‘n sagte hum oor die klankversterker. Nie te min, die Mummy het vir ‘n goeie jaar die gemeente bedien in die samesang by ons aanddienste. Die Mummy is nou vervang met my Yamaha APX-6. Nog nie ‘n Gibson of ‘n Fender nie, maar darem al nader.
Let op onder die Mummy is Marshall en die Yamaha overdrive pedal….maar dis eers ‘n ander storie.
Die foto is bietjies klein
Filed under: Uncategorized
Ahhh, Johan se comment op die vorige post oor Wattage laat my kwylkolletjies maak oor goeie tye. Wattage het bestaan uit ‘n kwynende aantal lede. Die begintal was 5 begaafte musiekante synde Carla, Marsanne, Pierre, Johan en ek natuurlik. Carla het ons eerste verlaat. Marsanne was volgende. Ek reken ons ouens het nie genoegsame styl aan die dag gelê nie?? Pierre op dromme (enige band wat ‘n drummer soek – hierdie ou is die onontdekte 8ste wonder van die wereld!), Johan op elektrise kitaar en ek op ritmekitaar en vocals.
Ons het een onafhanklike CD uitgebring met die CD cover soos hierbo getoon. Krismis in 2004 was ‘n onmiddelike treffer. Elke bandlid het een gekry vir kersfees. Terloops, die CD is beskikbaar teen die afslagprys van R20. Naarpille nie ingesluit! Ag sies. Daar is darem ‘n snit of 5 op waarna mens regtig KAN luister. Soos bv Kopman. Kopman kan hier geluister word! Dit is ‘n timeless classic en sal vir dekades nog geniet word deur…my en Johan!!
Die band het ontbind einde 2004 weens studie/familieverpligtinge (my vrou verbied my nogsteeds om na die Wattage CD te luister). :-/
Lank lewe Wattage!
Filed under: Uncategorized
Ek reken ‘n vinnige “wie is ek” is in orde. Ek is Jacques. Ek is 29 en is getroud. Die grootste ding in my lewe is huidiglik die koms van ons eersteling einde September. Haar naam is (alreeds) Anja. Die tweede grootste ding in my lewe op die oomblik is die feit dat ek myself in ‘n bietjie nagraadse studies bevind en dat dit nie aan te beveel is vir getroude paartjies wat babas verwag nie. Ek swot deur Uni Natal se buitemuurse Rek plek om my BCompt graad aan te vul.
Ek is ‘n rekenmeester en werk vir ‘n vismaatskappy op die Weskus…in St Helenabaai om meer spesifiek te wees. Ek bly egter nie daar nie en ek ry ook nie elke dag daarheen nie. Ek het ‘n kantoortjie in Milnerton.
Ok, ek dink die storie raak nou bietjie vervelig. Vir meer interessante leesstof, gaan kuier by Johan se blog (sien link langsaan).
Koebaai
Filed under: Uncategorized
Hallo
Na afloop van genotvolle oomblikke op Johan se blog, het ek besluit om self die tik-ding te probeer. So hier is dit. Ek reken dat ek die MEESTE tyd op die blok sal wy aan my ongebore dogtertjie. As ek nou regtig ‘n voleinder is, kan haar geboorte selfs gedek word.
Dankie vir die kuiertjie!
Filed under: Uncategorized
Welcome to WordPress.com. This is your first post. Edit or delete it and start blogging!
