Filed under: Uncategorized
Goeie dinge het gebeur tydens my blok afwesigheid. Nee, Anja is nog nie hier nie. My studies het ‘n stap in die regte rigting gegee. Wonderbaarlik wat ‘n goeie motiveringsessie kan doen. Ek sou se dis net wat die dokter sou voorskryf as hy so iets sou kon voorskryf…
Ek het nou ‘n studierooster vir Saterdag sie 4de toets waarby ek slaafs hou. Na Saterdag is my jaarpunt iets vir die argiewe en begin ek op die groot een fokus . EKSAMEN.
Die naweek sien dus daarna uit vir erge beplanning, waarna ek die laaste skof van die groot bergpiek aanvat.
Die baba woel en skoffel en gaan nog steeds lekekr aan. Ons kan ons glimlagte beswaarlik terughou as sy so soms tydig skop op snaakse aanmerkings. Soos bv gisteraand sit ek en bespreek met haar watter dag nou eintlik goed sal wees vir haar verskyning. Ek het haar probeer oortuig dat Sondag ‘n rustige dag vir so iets sou wees en dat sy dit beslis moet oorweeg. Daarna het ek haar die opsie van die res van die week genoem waartydens sy mooitjies stil gele het. MAAR toe het maar weer Sondag noem, toe skop sy!
Dis pa se kind daai! hehe
Filed under: Uncategorized
Vandag gaan ons weer vir Anja in haar donker plekkie beloer. Ek sal beslis ‘n prentjie of twee van haar hier vertoon met die volgende post. Ons het agtergekom dat sy beslis ‘n voorliefde vir kitaarmusiek ontwikkel het aangesien sy heerlik aant woel gaan met die aanhoor daarvan. Dit laat natuurlik vir pa baie goed voel, want nou het hy ‘n fan. Ons sal maar eersdaags vir haar ‘n klein kitaartjie aanskaf en dit op haar muur hang…vir inspirasie natuurlik.
Ek moet seker nie geskok wees as ons dogter eendag agv die aksie ‘n rocker chic met vreemde haarstyle raak nie. Mens sou seker kon se ek het gesoek daarvoor. Maar dan speel ons nie juis rocker chic musiek in die huis nie. Dus kan sy ook uitdraai om die volgende sensasie in klassieke kitaar te wees. Of sy kan natuurlik SO gatvol van kitaar raak, dat sy dit afsweer en verbrand en nooit weer musiek maak nie. Ons sal maar sien.
Die boek oor babas en swangerskap se dat die kleine nou omtrent 2 -2.5kg moet weeg. Dis nogal baie mens. Hulle se ook as sy nou gebore word, behoort daar geen probleme te wees nie. Dis nogal ‘n oulike stelling, want dit beteken dat sy nou enige tyd “verwag” kan word.
Intussen is my studies soos ‘n ou wat oor ‘n rivier sukkel en op klippe loop. En dan struikel en desperaar probeer raak trap. My lus vir leer is weg en ek vrees vir die ergste. My lyf beleef dus radikale teenpole: Opgewonde eersteling-pa en desperate fight for survival student. Nie juis dat my toetspunte enige troos inhou nie. Twee van my vakke is sinoniem met 911.
Ons sal maar sien. Die ding wat my die meeste onderkry is dat ek so baie dinge laat staan het ten einde die soeke na meer te explore, en indien dinge bietjie suid draai, was dit oenskynlik verniet. Of dalk nie…
Filed under: Uncategorized
Kyk, vandag ‘n twee post vir die tyd van een!
Wattage…die legende, die rising star, die afgestorwene.
Ek deel graag met julle ‘n song wat Johan geskryf het en wat ek getoonset het. Die lied le by na aan die hart aangesien dit handel oor ‘n baie diep en persoonlike saak vir my mater Johan. Soos baie songs is die titels work in progress. Die een het ek die MP3 Cry genoem. Ek is seker daars ‘n beter naam daar buite. Geniet
Filed under: Uncategorized
Heng, time flies when you’re having fun. Sommer ‘n hele klompie dae het verby gegaan sedert my vorige post. Maar heelaas… Dankie dat jy konstant kom inloer het om dieselfde post van laas te bekyk. Dit getuig van uithou vermoe, nuuskierigheid en duidelik ‘n bietjie vrye tyd. Laasgenoemde plaas jou natuurlik in die top 1% mees bevooregste mense in die wereld!
Ek dink nogal nou die dag op die N1: Almal is eintlik stunt drivers. Het jy al opgelet hoe gesinkroniseerd almal teen 100+ km/h van baan verander, vleg en net net mis ook. Dis voorwaar besonders. Ek wou ietsie daarvan op my foon vasle om hier te vertoon, maar besef toe self dat ek in die sloot kan beland terwyl ek met die die ding sukkel. Dit sou nogal ‘n indrukwekkende (en duur) post gewees het.
Baba-sake: Ma se sakkie is gepak. Jy sal onthou van ‘n vorige post dat “die sakkie” ‘n saak van prioriteit is. Dis gedoen. Pantoffels, jamies, onnies en ‘n paar anderhede waaroor ek nie gemaklik is om oor te gesels nie. Die tyd kom nou nader en ek raak al meer deurmekaar met almal se “nou is jou lewe verby” en “jy sal maar nou moet slaap inhaal” en sulke hede. Niemand deel egter van “ai daai gesiggie as jy haar die eerste keer sien” of “dis die mooiste ding ooit” of so iets nie. Suffer in jou kanon in lyk my is die orde van die dag. Ek wonder of God ook vaderskap so beleef???
Dagstuk-sake: Ons vorder mooi. Dag 9 is afgehandel. Gister egter het dag 10 vir my in die hek geduik aangesien ek en St Helenabaai trips nie goeie lielfdes driehoeke met dagstukkies maak nie, veral nie as ek huistoe kom nie. Ons vorder egter mooi en ek leer baie baie baie.
Baba-sake: Baie beslis top topic in my lewe nou dus geniet dit weer aandag. Vanoggend het ek beleef hoe baie die kind al gegroei het die afgelope 34 weke. Sy “respond” al te mooi op vryfies en tikkies. Dis baie lekker. Vanoggend het ek bietjie toneel gespeel deur te maak of sy wakker word en ek dan haar in haar kot gaan ontmoet, toevou in haar warm bersie en sitkamer toe dra. Lees oor 2 maande weer hier of dit so afgaan!
Nous ek moeg getik. Ek moet iets oorhou vir more ook. Mooi dag.
Filed under: Uncategorized
Ek vra om verskoning vir my vorige post. Die skaamtelose cut en paste van teksgedeeltes is heeltemal on…iest (slim mense, plaas slim woord hier). Ten minste dit in my eie woorde sou beter wees. Die boodskap is egter eg en suiwer en daarvoor maak ek geen verskoning nie. Dus, indien jy dit gelees het en iets daaruit geleer het, is dit dus die ewigheids wysheid van God wat Hy in die skrif laat opteken het, en dus die Gees, wat jou iets meer wysgemaak het wat jy dalk nie besef het nie.
Johan Els van Bellville-Wes gemeente het die teks (onderandere) met ons gedeel tydens sy oggenprediking. Dit het baie byval gevind by my en ook tydens my en my vrou se aandbeBybeling het dit weer aan my breinlobbe geklop vir “innings”. En dan aangesien ek geen inspirasie vir die blok gehad het nie, was die goeie ou cut en paste my redding vir die dag.
Ek en Annelize het WEER begin om ‘n sinvolle “langtermyn” Bybelstudiepoging aan die gang te sit. Verlede jaar het ons die oulike en ernstig pitkostelike “40 Dae vir ‘n doelgerigte lewe” aangeskaf. Ons was egter nie so suksesvol soos by “Beleef God” waar ons darem die tweede week gehaal het nie, want ons het letterlik net dag twee klaargemaak….en dit was dit.
Wat is dan nou anders? Annelize is nou by die huis en baie duidelik het daar weer ‘n ernstige behoefte in haar hart gegroei om, wel, geestelik te groei. Haar initiatief het veroorsaak dat ons vannaand nou weereens dag twee gaan beleef. Ek erken graag dat sy eintlik die bybelstudie lei en ek dit baie geniet. My job is om daagliks ‘n werkblad te skep met al die betrokke teksgedeeltes vir die dag asook spasie vir notas. Ons besprekings tydens die lees van die materiaal is voorwaar vars.
Ek mag dalk voortaan uitreksels van ons notas hier post.
(‘n Pel het nou net vir my ge-sms om die heildronk op sy troue te hanteer. Dis nou ‘n gawe gedagte…)
Filed under: Uncategorized
| 37. | “Elkeen wat die Vader vir My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom |
| wat na My toe kom, nooit verwerp nie. | |
| 38. | Ek het van die hemel af gekom nie om my wil te doen nie, maar die wil |
| van Hom wat My gestuur het. | |
| 39. | En dit is die wil van Hom wat My gestuur het: dat Ek van almal wat Hy |
| My gegee het, nie een verlore sal laat gaan nie, maar hulle almal op die | |
| laaste dag uit die dood sal laat opstaan. | |
| 40. | Dit is die wil van my Vader: dat elkeen wat die Seun sien en in Hom |
| glo, die ewige lewe sal hê; en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood | |
| laat opstaan.” |
37However, those the Father has given me will come to me, and I will never reject them. 38For I have come down from heaven to do the will of God who sent me, not to do what I want. 39And this is the will of God, that I should not lose even one of all those he has given me, but that I should raise them to eternal life at the last day. 40For it is my Father’s will that all who see his Son and believe in him should have eternal life–that I should raise them at the last day.”
Filed under: Uncategorized
Ek moet erken, op 32 weke raak die bondel mensie binne ma se maag omtrent ‘n woelwater. Dis tog te amusant om te sien hoe sy reageer op tikkies en vryfies, ongemaklike posisies en snaakse klanke.
As jy regtig nie weet waarvan ek nou praat nie, dan ken jy my duidelik nie. My en my vrou se eersteling is “t-8 weeks and counting”. En nou is dit alreeds lekker om op ‘n beperkte manier kontak te maak met die klein Anja-baba. Ek wou graag ‘n foto upload van haar kamer, maar die server sukkel vandag.
Ma begin nou al haar beywer vir ‘n oornagsakkie vir wanneer sy moet hospitaal toe. Sy is seker reg, want ‘n ander kennis van my het my gewaarsku dat ek haar nie eens moe skrikmaak nie. Die kleintjies kom sommer! Nou ja, ek is nie sterk met verrassings nie, daarom kondig ek maar my aankoms aan om skrik te vermy en moet ons die naweek die oornagsakkiesaak uitsorteer.
Dit maak ook leerdery moeilik aangesien ek te graag wil sien as die kleintjie maal en woel onder ma se maagvel. Dis voorwaar merkwaardig. Eks net bang dat om die kind te kyk iets is soos om jou kamer te “moet” regpak tydens eksamen. Enigiets om nie te leer nie. Ek hou meer van die eerste stelling. As klein Anja eers uit is, is sy gou kyk in graad 12. Ai, waar gaan die tyd tog heen…
Filed under: Uncategorized
Ek sit nou die aand en sukkel desperaat om nog een of twee punte se kennis in te win vir ‘n toets wat ek verlede Saterdag moes skryf. Toe ek finaal die spreekwoordelike handdoek ingooi, bekyk ek so op ‘n afstand die boeke op my lessenaar. Ek het ‘n mooi hopie van die “wetboeke” wat moet gebruik tydens my studies/toetse/eksamen gemaak en langsaan het my Bybel gele. Ek skuif die twee toe langs mekaar en neem ‘n kiekie…
Die volgende gedagte pop in my kop: Kyk al die mensgemaakte wette goed wat ek so moet sukkel om te leer en verstaan. Belasting, Rekeningkundige standpunte en oudit standpunte. Die goed beteken net iets in wat ek nou moet doen en bestaan grotendeels omdat ander mense in die verlede skelm was. Nou moet ek suffer.
Die Bybel langsaan hou egter lewenswaardhede en kennis in wat ewigheidswaarde het…en dis ‘n baie dunner volume as die ander goete langsaan.
Wat wil eintlik se…ek betaal duisende rande om die regter hopie te leer sodat ek meer brood kan verdien terwyl ek minimaal tyd bestee met die linker boek wat sal maak dat ek verstaan dat God my die brood sal gee…so iets…
Lekker dag vir julle
