Jacques van Zyl se blok?


Stopstraat of laat spaat?
Oktober 30, 2006, 8:52 vm
Filed under: Uncategorized

STOP

 Deesdae (lyk dit my) het mense eenvoudig nie meer respek vir enige reels nie. Dis asof mense ‘n algehele laat-maar-loop houding ontwikkel het of dalk ‘n who-cares houding. Ek dink nie ek tref met die regte bewoording vir die toestand nie. Ongelukkig dink ek dat meer kraggedrewe woorde dalk beter sou wees.

Die rede vir my aantuigings is ‘n eenvoudige konsep van stopstrate. In die omgewing waar ek woon het mense eenvoudig net besluit dat STOP eintlik TOEGEE beteken wat in elkgeval beteken MAAK WAT JY WIL. Selde sal jy sien iemand maak moeite om by ‘n 4-rigting te stop. Of eintlik enige stopstraat. WAT GAAN AAN?

Dit wys dalk net hoe dom mense is. Hulle besef nie dat padreels bestaan omdat iemand besef het dat die betrokke reel nodig is aangesien ‘n tekort daaraan probleme veroorsaak het. Nou bestaan die reel, mense besluit hulle weet beter, mense maak wat hulle wil, mense skep gevaar vir ander.

Asseblief vriend. As jy dalk een van die slapgatte is wat besluit dat STOP nie vir jou is nie. Ek wil nie he my kind moet eendag van haar fiets afgery word omdat jy haar nie gesien het nie en die STOP gejump het nie. Kry bietjie trots en beheer en stop by ‘n STOP straat…

Erg ontstelt



Theunis Swart
Oktober 26, 2006, 7:41 vm
Filed under: Uncategorized

Theunis Swart

Vandag is ‘n hartseer dag. Vanmiddag word ‘n roudiens vir Theunis Swart gehou. Hy het Sondagaand tydens Bellville-Wes NG gemeente se aanddiens aan ‘n hartaanval beswyk.

Ek het het hom leer ken by Bellville-Wes na hy en van sy vriende by die sangbediening aangesluit het. Dit was van die staanspoor af duidelik dat die ou se hart tjoklets gepomp het vir die Here. Dit was dan juis ook onder sulke omstandighede dat hy sy laaste asem geasem het. Gelukkig weet ons dat die Hemel nog ‘n ywerige kind bygekry het.

Die roudiens is vanmiddag 2uur. Dis vir my mooi dat sy familie in Christus besluit het dat die diens ‘n eer aan God diens sal wees met lofsang en als, want dis wie Theunis was – en sal wees vir alle ewigheid!

 Go Theunis! Dankie vir jou verskil op aarde – dankie dat jy jouself toegelaat het dat die Here ‘n verskil deur jou maak… ek gaan jou mis

Blom vir Theunis



Wanneer is ek?
Oktober 24, 2006, 7:52 nm
Filed under: Uncategorized

Anja op haar besteEk het verlede Vrydag (die 20ste) 30 geword.

Maar met die baba en die eksamens wat net verby is, het die dag regtig net gekom en gegaan. Mens kan eintlik nie keer as om so vir ‘n oomblik terug te dink oor wat nou al alles in jou kort lewe van 30 jaar gebeur het nie:

0 – 5 gebore en grootgemaak – ek kan regtig niks meer oor daardie tyd se nie

6 kleuterskool (Bellville Kleuterskool – my juffie was juffrou van Rooyen – lekker jaar

7 – 12 Laerskool Excelsior – beste jare van my akademiese bestaan, sluit aan by die Voortrekkers

13 – 18 Hoerskool Bellville – meer bekend vir my as 5 jaar van bestaan, het die voorreg om na die Voortrekkers se PV kamp genooi te word en word ‘n PV (presidents verkenner)

19 – 20 Werk by JP Coetzee ouditeure, is meer by die werk as by die huis! - ontmoet vir Annelize <– goeie TYE!

21 – 25 Gaan uit met Annelize – begin my sangbediening by die kerk, Werk verander na Theron du Plessis

26 – 29 Trou, werk by Shabby Chic, verloor my werk by Shabby Chic, kry werk by visfabriek waar ek nou werk, trek in by ‘n woonstel, trek na ‘n ander woonstel, koop ‘n huis (wat in aanbou is), die projek val deur die mat, verloor die woonstel, bly by my skoonouers in ‘n 3×3 kamer (al ons goed in my ma se motorhuis gestoor), koop die huis waar ons nou bly

30 Word 30, kry vir Anja – vreugdevolle tye!!!

30 – ??????????????

Anja groei mooi en is besig om al meer mens te word. Ons het nou al ‘n slym op die bors episode gehad, maar met flink reaksie van ma en pa en goeie ondersteuning van die kliniek, kon ons die saak uitsorteer:

1 teelepel Puma jelly, 1 teelepel Vaseline – meng dit en smeer vir baba aan op bors, agter nek, onder armholtes en onder voete – herhaal soggens en saans

Dit het wonderlik werk! Sy kyk al lekker rond, draai die kop en is vreeslik nuuskierig. Ek het vannoggend vir haar ‘n prentjie van ‘n Fender Strat en Gibson Les Paul kitare gewys. Sy was behoorlik verstom oor sulke mooiheid in die lewe!



Anja – die melkbom
Oktober 18, 2006, 8:27 vm
Filed under: Uncategorized

Jakie en Anja

Vandag het ek besef dat babas eintlik merkwaardig is. Hulle is totaal hulpeloos en dit is juis wat hulle so “magtig” maak. As sy se E (terloops die enigste klinker wat sy ken), dan beweeg die wereld. Dit wil voorkom asof babas dus tog die trend set as dit by toi toi kom. “Eks honger” lei tot ek se “E” = “iemand voer my” Fantasties

Vanoggend het Anja weer haar melkies geniet soos altyd. Melk wat ma met liefde voorberei het. Maar wees gewaarsku. As sy eers klaar gedrink het, is daai magie vol van ma se melk. En sou jy haar regop help om haar winde uit te vryf, beter jy maar ‘n lappie byderhand hou, want die melk kom sommer weer uit! So het ma vanoggend ‘n arm vol waardering gehad.

Nog iets oor die bevalling – ten tye toe Anja in die lig gebring is, het die lied ” Please Release Me” oor die teater se radio gespeel. Ek wou iets daaroor se vir die dokter, maar eerstens het ek besef hierdie is nie speelplek nie, en tweedend was ek net te vrek bang om ENIGIETS te se!

Die foto is tydend the early days – as jy klik op die foto sal jy sien ek is redelik moeg rondom die oge



Anja – die vlagparade
Oktober 17, 2006, 12:16 nm
Filed under: Uncategorized

Leipoldt vlaeBy die Louis Leipoldt Hospitaal in Bellville het hulle ‘n baie oulike tradisie waar die PA in die gesin ‘n vlaggie kan laat wapper met die geboorte van hul baba. Blou vlaggies vir seuntjies en pienk vlaggies vir meisies.

Ek dink dit was die Vrydag (6de), wat ek opgeroep is vir vlagdiens. Die verpleegster prop ‘n vlag in my hand en verwys my na die portier om ons te vergesel na die 3rde vloer. Die 3rde vloer is interessant nogal nie te vind in die hysbak nie, aangesien dit ‘n stoor en parkeer area is. Dis net toeganklik via ‘n trap. Op die foto kan jy sien daar is drie vlae. Die heel regterkant se vlag is Anja s’n. Die middel vlag was ‘n man (mnr Pillay) wie se dogter daardie oggen gebore is. Sy was net 2kg by geboorte!

Die blou vlag was ‘n Mnr Smith se laaitie. Dit was nogal ‘n lekker oomblik om die vlaggie te vertoon en dan elke keer as ek by die hospitaal aankom die vlaggie te sien en weet dis vir MY dogtertjie !!

Anja gaan goed aan. Sy drink mooi gereeld en raak sommer so aan die slaap by die versorging van haar ma. Huidiglik suie sy so elke 3-4 ure, maar soms is die slaap net te lekker, dan sluimer sy in sommer maklik meer as 4 ure. Die ervare mense se dat wanneer sy eers haar kom kan optel, dis dan wanneer die poppe eers begin dans. Maar ‘n ander kennis het weer gese dat na 6 weke als onder beheer kom. Nou weet ek nie. Ons sal maar sien hoe loop die dinge.

Al wat wel weet, is dat Anja baie nice is met ons deur dat sy regtig net moan as iets problematies is. Vuil doek, honger maag veral!, winde, of wanneer jy haar verklee. Oulik nogal, een van die verpleegsters het haar “kruikie-roer-my-nie” genoem. hehe



ANJA
Oktober 16, 2006, 9:34 vm
Filed under: Uncategorized

Jakie, Annelize en Anja

Hallo. Hierdie is dan die eerste blokinskrywing oor Anja in die lewe.

Sy’s is gebrore 5 Oktober 2006 in die Louis Leipoldt hospitaal om 22h14. Sy het by geboorte 3.99kg geweeg en was 51 cm lank. Sy hou van borsmelk, wind uitvryf en Telament drops!

Die 5de het ons die oggend al 06h00 ingeboek vir ‘n indusksie prosedure. Dit is om te help dat die serviks “ryp” raak en ontsluit. Dis vreemde goed die wat baie nuut is/was vir my. Die proses het egter nie vinnig genoeg die job gedoen nie en het die slim mense my vrou nog ekstra doepa ingegee so teen die middag ure om die proses nog bietjie meer aan te help.

Dit het ook amper nie die job gedoen nie, maar einde te laaste het die “verloskundige” besluit dat die baba nerens gaan beweeg nie. Hulle sou haar moes verwyder via alternatiewe roetes. Synde ons Keiser Snee. Keiser Snee moes ‘n slim mens gewees het om te weet dat jy amper iemand se blaas kan oopsny om ‘n baba daar te vind, maar dan besef dat die baba nie in die blaas is nie, maar in ‘n ander deel wat ‘n man nie het nie – die baarmoeder. Snaaks tog die name van die goed – baar moeder. Dis tog die moeder wat baar, maar in die moeder is nog ‘n moeder wat baar, dus is jy by geboorte you eie ma en sommer ook ouma??

Ek sluit eers af met die 1ste episode. Die foto aangeheg is ek and Annelize (die moeder wat baar) en Anja (die gebaarde moeder?)



Discovery jou kaart
Oktober 11, 2006, 2:33 nm
Filed under: Uncategorized

Voor ek verder gaan: Ons babadogter, ANJA, is Donderdag aand 5 Oktober 2006 om 22h14 gebore in die Louis Leipoldt Hospitaal in Bellville. Mamma is sterk mooi aan en baba is net TE pragtig. Ek sal ten volle die hele event cover in ‘n volgende Blok. Maar nou eers….

Discovery mannetjie

Discovery het mos nou ‘n kredietkaart. Met die episode adverteer hulle dat jy tussen 10% – 15% kan spaar op jou aankope. Om die waarheid te se, jy kry die geld terug in jou rekening. Dis mos ‘n bargain…

Afhangende van jou Vitality status kwalifiseer jy vir 10% (die moegoes) – 15% (die larneys)

MAAR

Wat hulle vir jou eers se as jy jou kaart ontvang, is dat die “cash back” beperk is tot 30% van jou aankope tot ‘n maks van R10,000. Nou wil ek weet, want so sleg kan my somme nie wees nie, hoe te ????? kom hulle uit by 10% as jy dit slegs verdien op 30% van jou aankope.

Eenvoudige wiskunde: Koop R500 x 30% = R150 x 10% = R15 –> R15/R500 = 3%

Dis nogsteeds geld terug, wat ok is, maar wragtag…moenie blaker dat jy TOT 15% kan geld terugkry, as jy nooit meer as 4.5% kan terug kry nie.

Dankie