Jacques van Zyl se blok?


Anja – 7 weke and still going strong
November 27, 2006, 7:45 vm
Filed under: Uncategorized

Anja - liefste 

 Donderdag aand 22:14 was Anja 7 weke oud. Soos met almal in die lewe hou die ouderdom ook vir babas slegte dinge in die vooruitsig. So het sy ‘n afspraak by die baba-tannie vir haar eerste sarsie inentings. Eina pyn. Pappa is nou baie eerlik as hy erken dat hy bly is dat hy werk daai dag, want dit sal straks baie hartseer wees om te sien hoe die tannie vir Anja poke met ‘n skerp ding.  Natuurlik is dit vir ‘n goeie saak, en vat Anja so te se een vir die span, maar nou ja, ons was almal daar.

Ma en pa kap nog goed aan. Om die waarheid te se, dit raak beter. Die kind hanteer melk al beter, sy slaapal in haar eie bedjie! (al is dit nog in ons kamer) en sy glimlag helderder as die sonopkoms in die oggende vir haar twee gunsteling mense in die wereld. Terwyl ek dit tik raak ek sommer jelly hier binne my net met die gedagte daarvan.

Vaderskap bing vir my ‘n nuwe dimensie aan my geestelike lewe. Synde ‘n dieper verstaan van die Vaderhart van God. Nie dat ek my nou gelyk maak aan God as ouer nie, maar ek is tog oortuig dat Hy iets van sy vaderlikheid in ons as pappas geplaas het. Nou is dit dalk makliker om te verstaan hoe God oor my voel as ek na Anja kyk. As sy so ontroosbaar huil en jy haar optel en troos en sy vind die troos … wow … net so dan ook ons Vader wat aan ons ‘n veilige bors bied en sy arms om ons vertroetel.

Anja beteken om sag met mense te wees, vredeliewend – ek glo dis wie sy sal wees!



F is vir Fail
November 23, 2006, 12:18 nm
Filed under: Uncategorized

Poepdoek

My eksamenuitslae het gekom. Ek het gehoop om ‘n P daar erens raak te lees, maar die P was toe op die ou end ‘n F, want F staan vir Fail. Ja ja ja. Ek het 40% gekry vir die eindpoging.

Toemaar, volgende jaar is nog’n jaar…

Vanoggend het Anja ons gegroet met ‘n putty doek. En weet jy wat, PA het dit uitgesorteer. Ek is nou amptelik ‘n MAN. As jy nog nie ‘n baba se putty skoongemaak het nie, het jy nog nie die betekenis van die lewe gesien nie. Ok, dis seker nie so erg nie. Maar, in boeke bly dit ‘n achievement.

Sy was vannoggend nie haar gewone happy self nie, maar eerder ‘n globale crappy, soos vroeer geblok is. Selfs pa se oulike storietjies kon haar nie ammuseer nie. Dis juis asgevolg van die poepdoek dat sy so onstuimig was. Ma was besig in die badkamer met iets, en die taak was aan my oorgelaat. Die gears spring toe in werking:

  • Stel eers vas wats die skade, lig die doek versigtig af, en loer
  • Bring die saak onder beheer, vee die oortolligheid af met die bestaande doek
  • Verwyder die vuil doek en vee die boude omliggend skoon met baba wipes
  • Gebruik nog wipes
  • …en nog wipes
  • Maak seker alle naatjies is skoongevee
  • Plaas nuwe doek in possisie, maar moet nog nie vasmaak nie
  • Smeer baba jelly oor die hol area sodat toekomstige putties nie te vas sit nie
  • Maak doek vas, gee baba ‘n drukkie en voel pure PA!


Juliet Victor Zulu on final
November 20, 2006, 10:21 vm
Filed under: Uncategorized

FASH finals rwy 1 

Ek het ‘n nuwe stokperdjie – virtual aviation!

WordPress Traffic, this is Cessna Juliet Victor Zulu on downwind leg for landing on runway one zero 

 Ja, dis ouens wat graag wil vlieg, maar nie die geld om dit werklik te beoefen nie. Nou wend ons ons na die genade van Microsoft se Flightsim 2004. Jy kies jou call sign (gewoonlik jou voorletters of so iets) en log op die internet op en vlieg saam! Lekker. Daar is ‘n hele paar SA fanate wat pragtige detail terrein vir Suid Afrika bygewerk het waar Microsoft nagelaat het om te doen – so byvoorbeeld het die standaard Microsoft scenery glad nie Stellenbosch se vliegveld eers gelys nie. Dis onvergeeflik in my oge!

WordPress Traffic, this is Cessna Juliet Victor Zulu, turning on base, runway one zero 

 Nou wanneer vleig ons dat wil jy weet? Vrydag aande 21:00. Dan vlieg die manne van SAFlight die kuberruimte vol op die GlobalSim netwerk rond. Ons gesels fisies met mekaar via Teamspeak en konnekteer op die netwerk met SquawkWin. Die admin manne plaas op die net waar ons vlieg, almal log op by die vliegveld/lughawe en siedaar – ons is ‘n konvooi.

Twee weke gelede was my eerste vlug vanaf Victoria vliegveld na Pietermaritzburg. Verlede week wat dit van Groblersdal na Witbank. Die missie was om die mooi damme van die areas te besigtig.

Die vrou het besef dat ek my hart verloor het en sy was so gaaf om my af te staan op Vrydagaande om te vlieg. Anja is nog bietjie ontsteld oor die skuif, maar sal seker daaroor kom.

WordPress Traffic, this is Juliet Victor Zulu on finals, runway one zero…



Anja – Happy tot Crappy in 3 sekondes
November 8, 2006, 12:05 nm
Filed under: Uncategorized

 Anja - happy           Anja - Crappy

Dis wonderlik hoe babas operate – eks elke dag meer en meer verstom.

Die nuutse ding wat my aan die wonder het is hoe kleintjies van baie cute tot erg misluk kan verander in letterlik sekondes. So le Anja op die bed en kyk vir my na sy ontwaak het. Ag te pragtig – ewe engeltjie. Net die volgende oomblik (ek wil amper se so terwyl ek my oge knip) verander sy in ‘n bondeltjie ontevredenheid. Dis gewoonlik daar waar die prosesse in werking skop. Dis soos ‘n pre flight checklist:

Doek, koors, dors, wind, kramp, of dalk net plein moeilik??

Ek moet erken dat die meeste van die tyd die tietie beslis die deurslaggewende troosmiddel is. Op hierdie terein kan pa glad nie help nie. Ek kan maar net toekyk hoe die plesier oor Anja se gesig dans as die melkies begin vloei. Dis te pragtig.

Ons lewe begin (vir ‘n wyle dalk) weer terug keer na iets relatiefs normaal. Ons het dan gisteraand tot 4 uur die oggend geslaap ongesteurd. Ai, dis salig. Dis alles te danke aan ‘n borsvoed guru wat ons bietjie gehelp het met kennis en “enlightenment”. Ek is juis nou nie meer so opgewonde oor die mense wat my vroutjielief moes help by die hospitaal met die bors ding nie. Hulle wou(kon) net nie die tyd afstaan om die nuwe mamma en baba te help om die bors baas te raak nie. Nee wat – dis makliker om te se “die kind kan nie die bors drink nie – gebruik eerder a,b of c” – als kortpaaie natuurlik.

Maar so leer mens.

As jy dalk hier lees en wil meer weet oor ons eertse maand van kennis tov babas, is jy welkom om my te comment. Ek help deel graag wat ek weet. Dis nie ‘n aardse klomp nie, maar steeds meer as ‘n maand gelede.

Terloops, ek het so bietjie teruggelees deur my argiewe en op ‘n post afgekop waar ek genoem het hoe ek “maak” of Anja in haar cot le en ek haar optel en sitkamer toe dra. Ek het gese ek sal laat weet of dit so afgaan. Wel, um, nie heeltemal nie. Die idee destyds was een van slapende baba wat ontwaak en ek haal haar. Die realiteit is skreeuende baba wat absoluut NIKS van pa wil weet nie aangesien net die tietie help.

Sorry pa – gaan sit in die hoek…



Swemgat 2
November 7, 2006, 8:29 vm
Filed under: Uncategorized

 Swemgat

Die swemgat het gevorder.

Na ek met vele sweet deur die eksamen die gat gelevel het (probeer het altans) het ek dit met swart bouplastiek bedek sodat dit ook oor die rante le. Op die plastiek (oor die rante) gaan ek pavers le sodat die swemgat darem effens afgewerk voorkom. Die draad is ingedruk en en die blou seil is gehys!

Gister het ons water laat inloop en vandag gaan ons die chloor toevoeg. Wat nou oorbly is om te swem. Vir verdere afwerking gaan ek die area regs van die swemgat (tussen die huis en die gat) met wit klippies uitle en hier en daar wit beton slabs ( wat oorgebly het na die bouery) as ‘n tipe loop area neerle. Ek het gedink om ook ‘n water feature te plant in die wit klippe, maar ek sal nog sien.

Intussen groei die buffels gras mooi in die skaduwee en die groen bome laat die swemgat soos Berg River Resort lyk!

Kan nie wag om in te duik nie…