Jacques van Zyl se blok?


Juliet Victor Zulu on final
November 20, 2006, 10:21 vm
Filed under: Uncategorized

FASH finals rwy 1 

Ek het ‘n nuwe stokperdjie – virtual aviation!

WordPress Traffic, this is Cessna Juliet Victor Zulu on downwind leg for landing on runway one zero 

 Ja, dis ouens wat graag wil vlieg, maar nie die geld om dit werklik te beoefen nie. Nou wend ons ons na die genade van Microsoft se Flightsim 2004. Jy kies jou call sign (gewoonlik jou voorletters of so iets) en log op die internet op en vlieg saam! Lekker. Daar is ‘n hele paar SA fanate wat pragtige detail terrein vir Suid Afrika bygewerk het waar Microsoft nagelaat het om te doen – so byvoorbeeld het die standaard Microsoft scenery glad nie Stellenbosch se vliegveld eers gelys nie. Dis onvergeeflik in my oge!

WordPress Traffic, this is Cessna Juliet Victor Zulu, turning on base, runway one zero 

 Nou wanneer vleig ons dat wil jy weet? Vrydag aande 21:00. Dan vlieg die manne van SAFlight die kuberruimte vol op die GlobalSim netwerk rond. Ons gesels fisies met mekaar via Teamspeak en konnekteer op die netwerk met SquawkWin. Die admin manne plaas op die net waar ons vlieg, almal log op by die vliegveld/lughawe en siedaar – ons is ‘n konvooi.

Twee weke gelede was my eerste vlug vanaf Victoria vliegveld na Pietermaritzburg. Verlede week wat dit van Groblersdal na Witbank. Die missie was om die mooi damme van die areas te besigtig.

Die vrou het besef dat ek my hart verloor het en sy was so gaaf om my af te staan op Vrydagaande om te vlieg. Anja is nog bietjie ontsteld oor die skuif, maar sal seker daaroor kom.

WordPress Traffic, this is Juliet Victor Zulu on finals, runway one zero…


4 Kommentaar sover
Lewer kommentaar

Speel vir haar die Wattage CD, dan sal sy nie meer ontsteld wees nie ;-)

Comment deur Johan Swarts

Die Wattage CD is heilig en NET vir spesiale geleenthede – soos bv hardlywigheid of depressie

Comment deur jakie

ROFL

Inderdaad so.

Dink solank aan ‘n naam vir ons comeback special hierdie vakansie. 0wnage?!?!!??

Comment deur Johan Swarts

0wnage 2 – want Krismis in 2004 was 0wnage 1

Comment deur jakie




Lewer kommentaar
Line and paragraph breaks automatic, e-mail address never displayed, HTML allowed: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>