Jacques van Zyl se blok?


F is vir Fail
November 23, 2006, 12:18 pm
Filed under: Uncategorized

Poepdoek

My eksamenuitslae het gekom. Ek het gehoop om ‘n P daar erens raak te lees, maar die P was toe op die ou end ‘n F, want F staan vir Fail. Ja ja ja. Ek het 40% gekry vir die eindpoging.

Toemaar, volgende jaar is nog’n jaar…

Vanoggend het Anja ons gegroet met ‘n putty doek. En weet jy wat, PA het dit uitgesorteer. Ek is nou amptelik ‘n MAN. As jy nog nie ‘n baba se putty skoongemaak het nie, het jy nog nie die betekenis van die lewe gesien nie. Ok, dis seker nie so erg nie. Maar, in boeke bly dit ‘n achievement.

Sy was vannoggend nie haar gewone happy self nie, maar eerder ‘n globale crappy, soos vroeer geblok is. Selfs pa se oulike storietjies kon haar nie ammuseer nie. Dis juis asgevolg van die poepdoek dat sy so onstuimig was. Ma was besig in die badkamer met iets, en die taak was aan my oorgelaat. Die gears spring toe in werking:

  • Stel eers vas wats die skade, lig die doek versigtig af, en loer
  • Bring die saak onder beheer, vee die oortolligheid af met die bestaande doek
  • Verwyder die vuil doek en vee die boude omliggend skoon met baba wipes
  • Gebruik nog wipes
  • …en nog wipes
  • Maak seker alle naatjies is skoongevee
  • Plaas nuwe doek in possisie, maar moet nog nie vasmaak nie
  • Smeer baba jelly oor die hol area sodat toekomstige putties nie te vas sit nie
  • Maak doek vas, gee baba ‘n drukkie en voel pure PA!

4 Comments so far
Leave a comment

Na daai graphic beskrywing is die image van Anja se vuil agterstert nou vir ewig in my memory glands ingebrand… :P

Ek sien jy geniet dit darem om Pa te wees! En dit lyk my jy doen darem sover ‘n goeie job :-)

Comment by Lize

Dis goed so. Dis belangrik dat almal die waarheid agter poepdoeke weet.
Dankie – dis baie lekker om pa te wees

Comment by jakie

LOLOLOLOL

Ek kan nie glo jy blog oor doodie nie ;-)

Eish…dit suig sommer bigtime van die punte, man.

Comment by Johan Swarts

Doodie is die lewe – as jy hom nie maak nie dan kry jy hom by die werk! Wees bly ek het nie ‘n foto daarvan geplaas nie… hmmm… daars nou ‘n idee :p

Comment by jakie




Leave a comment
Line and paragraph breaks automatic, e-mail address never displayed, HTML allowed: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>