Jacques van Zyl se blok?


Anja – 7 weke and still going strong
November 27, 2006, 7:45 vm
Filed under: Uncategorized

Anja - liefste 

 Donderdag aand 22:14 was Anja 7 weke oud. Soos met almal in die lewe hou die ouderdom ook vir babas slegte dinge in die vooruitsig. So het sy ‘n afspraak by die baba-tannie vir haar eerste sarsie inentings. Eina pyn. Pappa is nou baie eerlik as hy erken dat hy bly is dat hy werk daai dag, want dit sal straks baie hartseer wees om te sien hoe die tannie vir Anja poke met ‘n skerp ding.  Natuurlik is dit vir ‘n goeie saak, en vat Anja so te se een vir die span, maar nou ja, ons was almal daar.

Ma en pa kap nog goed aan. Om die waarheid te se, dit raak beter. Die kind hanteer melk al beter, sy slaapal in haar eie bedjie! (al is dit nog in ons kamer) en sy glimlag helderder as die sonopkoms in die oggende vir haar twee gunsteling mense in die wereld. Terwyl ek dit tik raak ek sommer jelly hier binne my net met die gedagte daarvan.

Vaderskap bing vir my ‘n nuwe dimensie aan my geestelike lewe. Synde ‘n dieper verstaan van die Vaderhart van God. Nie dat ek my nou gelyk maak aan God as ouer nie, maar ek is tog oortuig dat Hy iets van sy vaderlikheid in ons as pappas geplaas het. Nou is dit dalk makliker om te verstaan hoe God oor my voel as ek na Anja kyk. As sy so ontroosbaar huil en jy haar optel en troos en sy vind die troos … wow … net so dan ook ons Vader wat aan ons ‘n veilige bors bied en sy arms om ons vertroetel.

Anja beteken om sag met mense te wees, vredeliewend – ek glo dis wie sy sal wees!


5 Kommentaar sover
Lewer kommentaar

Jis Jacques, eks so trots op jou. Ek sit hier en vee die trane uit my oë. Ek hoop ek kan Anja se peet pappie wees, ek sal haar trompet speel, en sy kan Marsanne se plek dan oorneem! Ek ‘n ou met visie. Cheerz

Comment deur Pierre

Dankie ou Pierre-plesier! Ek weet nie so mooi oor die peet pappie nie (dalk peer pappie?). Dankie vir offer in elk geval. Jy is wel welkom om haar drom te leer speel – daars TE min van hulle (jull) op die aardbol. Jou visie is verstommend.

Comment deur jakie

Anja is ‘n mooi naam. Ek dra hom al 23 jaar saam met my. Sy’s beautiful.

Comment deur anja

Anja – voorwaar ‘n mooi naam. Dankie dat jy kom inloer het. Voel vry om gereeld te kom inloer en jou naamgenoot se vordering te kom geniet.

Comment deur jakie

ek sal verseker so maak. sy’s nogsteeds beautiful

Comment deur anja




Lewer kommentaar
Line and paragraph breaks automatic, e-mail address never displayed, HTML allowed: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>