Jacques van Zyl se blok?


Eierhouers – blomme
December 27, 2006, 4:03 nm
Filed under: Uncategorized

Ek deel graag met julle hoe ek die blomme en bye gemaak het van eierhouers. Vandag egter eers net die blomme.

Ek het begin om van ou linne ‘n blomblaartjie te knip. Hierdie dien as “master” vir die ander. Hierna het ek ‘n halfdosyn (6) karton eierhouertjie se ronding uitgenip. Gevolg deur ses snitte al met die rand om waar die blomblaartjies gaan inpas. Die ses snitte is een op elke plat kant van die eierhouertjie.

Hierna trek ek die 6 x 5 blomblaartjies op die linne af (5 blommetjies en 6 blaartjies per blom). Ek knip egter nog nie die blaartjies uit nie. Dit sal die verfwerk vergemaklik (dit was ma se slimheid). Die blomblaartjies is met DALA lapverf geverf. Ek het die lapverf met “extender” gemeg – dit het die verf gouer laat droogword ook.

Terwyl die blaartjies droograak, het ek die houertjie met groen en geel studentacryllics geverf. Hierdie het nie met water verdun nie aangesien die karton te weel sou deurskyn – meestal omdat die karton redelik donker is.

Knip die blomblaartjies uit en vou dit in die helfte, maar ook net by die basis van die blaatjie – nie die hele blaartjie nie. Anders gaan dit nie so mooi vertoon nie. Die sukses van die blaartjie is daarin dat die materiaal wat ek gebruik van nature redelik stewig is – met die verf het dit lekker vorm gehou.

Gly die blaartjie se basis in die gleufies in en lym dit in die binnekant in posisie. Lym nou ‘n toutjie in die binnekant vas en daarsy!

‘n Eierhouertjieblommetjie!!

Volgende keer meer oor die bytjies



Epiphone – my skelmpie
December 13, 2006, 2:16 nm
Filed under: Uncategorized

EpiphoneMummy en Marshall 

Ek het ‘n skelmpie – sy hang in Musiekwereld se rakke – sy in my drome. SY is ‘n Epiphone Les Paul elektrise kitaar.

Dis die mooiste ding sedert wel, ok sys net vrek mooi. Al probleem is, sy is nie goedkoop nie. Die girl WIL jou beursie ruk. Maar dis ok. Droom is vry (maar vry is nie droom nie!). Ek eye-ball die stukke pragwerk al vir ‘n geruime tyd. Ek moet bieg dat die koms van Anja die droom bietjie op die Langebaan (weg) geplaas het. Ek sal egter steeds agter haar aanvry met my terugkeer na MusiekWereld. Dalk moet ek net weer die naam noem…. MUSIEKWERELD. kug kug.

Ek sit met ‘n 30W Marshall valve amp by die huis. DIE neul al vir amper 10 jaar by my om ‘n ordentlike electric aan te skaf. Die Mummy (heilige oomblikkie) doen dit net nie vir Marshall nie. Sien ek dink tog ook aan die belange van my geliefde amp. Ek kan my al sien kitaar battles verloor teen Johan met my Epiphone en Marshall aan my sy. Dis so klassiek soos Kate Winslet en daai ou wat verdrink op die Titanic??

Lank lewe liefde – ja viva la-my geliefde Epiphone….

Te kry by MUSIEKWERELD…….. kug kug



Anja – Eierhouers is die lewe
December 13, 2006, 2:02 nm
Filed under: Uncategorized

Blommie en bytjieBytjie 

Ek kan nie glo ek het so lank terug geblokeer nie. Nie asof ek nou moet studeer of iets nie. Maar heelaas. Eks terug met nog ‘n stukkie belewenis in my lewe.

 Ek en die vrou wou graag vir ons klein Anja een van daai speel rakkie goed koop waaronder die kindjes le en op kyk en kwyl oor die gedroggies wat hang en afkyk na baba. Maar o wee. Die goed kos ook maar soveel soos die bevalling. Dus het pappa besluit dat met ‘n tikke initiatief, kreatiwiteit en tyd, kan mens dalk iets sommer maak.

DUS: sonder om in te veel detail te gaan (stap vir stap sal volg in ‘n volgende blok) het ek dowels gekoop om ‘n rakkie te maak. Ek het besluit om blommetjies en bytjies te maak wat op die rakkie gaan hang. Ja dis reg,  ons leer Anja sommer vroeg al oor die goed. Die blomme en bye is gebasseer op die ronde dele van karton eierhouers. Daardie goed is die prys van eiers beslis werd.

Ek het die goed geverf, kreatief met lap, tou en “beads” geraak en siedaar – toys for joys!

Ek kan met plesier verslag lewer dat Anja dol is oor haar blomme en bye!