Filed under: Uncategorized
Hier is die vrou wat Anja in die wereld gebring het! Haar naam is Dr Liza Fowler – Genikoloog/Verloskundige. As jy ‘n vrou is en jou is nog op soek na ‘n goeie genikoloog – stop jou soek en gaan kuier by die wonderlike mens. Van die eerste dag se ondersoek tot die dag wat die foto geneem is (6 weke na die geboorte) was haar menswees en professionele mediese diens van die hoogste standaard.
As jy haar kontakbesonderhede soek – vra maar net en ek gee
Dankie Liza Fowler – jy is ‘n bobaas dokter en mens!!!!
Filed under: Uncategorized
Ek was verlede week in St Helenabaai saam met Anja en die vrou. Dit was egter nie ‘n wegbreek nie. Ek het gaan werk by ons kantoor daar. Dit was soos gewoonlik ‘n lekker ervaring aangesien tyd so bietjie stadige daar snel. Daar is geen verkeersligte nie en dit vat jou 5 minute om by die huis te kom.
Ons bly in ‘n selfondehoud woonstel by Blueberry Holiday Flats en ek moet se, jy hoef net jou onnies en kos in te pak – die res is als daar – eetgerei, handdoeke, beddegoed ens. Selfs ‘n strykyster! Alles vir R250 per nag per woonstel. Dis glad nie sleg nie.
Dit was natuurlik onsprekend warm verlede week. Nou is dit nogal opvallend hoe almal se adres die WARMSTE was. As dit so aanhou sal ek straks hoor by iemand was dit so warm dat die tuinjong spontaan in vlamme uitgebars het. Mense is maar snaaks goed. As daar nou niks is waaroor jy trots kan wees nie, dit voel maar trots dat die die warmste by jou was.
Nou die dag sien ek mense in die verkeer sommer heel kontant hulle rommel by die motor se venster uitslinger. Die ergste is die mens het nie eens sy hand uitgesteek en die rommel uit verplaas nie. Nee. Dit het sommer so met ‘n boog van uit die motor uitgevlieg. Ek moet erken ek was tot in my donkste diepte kwaad vir die mense wat so onge-erg mors. Eks sommer lus en wend my tot kragwoorde net met die gedagte daaraan.
Mense ry nogsteeds los oor ons stopstrate. Dus duidelik dat my blogasie nie ‘n impak gemaak het. Gister het ek DRIE mense na mekaar sien los oor die stopstraat toer. Die laaste ou het nogal die vinnigste oor gegaan. ‘n Ander oom het sommer maar sy hazards aangesit terwyl hy oorsnel om darem te lyk of hy ‘n probleem het. So 10 meter verder lyk my is sy probleem uitgesorteer, want toe skakel hy dit weer af. Ek gaan een naweek ‘n video hiervan neem en dit hier post!
Ek is besig om te werk aan my voortuin. Dis ‘n mengsel tussen ‘n woestyn en disaster area. Ek het darem die bietjie gras gesny Saterdag en ‘n poging tot ‘n bedding geskep. Nou kort daar beddingafskortings, kunsmis, plante en baie baie water!
Tydens ons verblyf in St Helenabaai het die swemgat bietjie groen van jaloesie geraak. Ons is nou besig om dit weer te herstel. Gelukkig kom Seagull se Portapools met ‘n baie bekwame filtreer en chloortoestel. ‘n Gesonde mengsel van chloor, filter en gemors op suig met die besem maak die swemgat weer in ‘n japttrap skoon. Die hele proses is egter waardig om sy eie post te geniet – later meer hieroor.
O ja – dit lyk of daar weer ‘n paar katte in die omgewing is wat dink ons tuin is ‘n geskikte plek om te kom ontlas. Weet iemand hoe ek op ‘n mooi manier van die verpesting kan ontslae raak – en met verpesting bedoel ek die katte…
Ok bye
Filed under: Uncategorized
Badtyd is nogal deesdae ‘n heel gesinkroniseerde proses. Dit word meestal deur ma uitgevoer, maar ek het ook al by geleentheid die aangename taak verrig.
Eers word die water in die bad getap. Gewoonlik deur die een wat nie die bad gaan doen nie. Die een wat wel die bad gaan doen, trek solank vir Anja in die kamer uit met natuurlik ‘n groot gejuig en opgewondenheid oor die geleentheid. Dit is immers een van Anja (en enige baba) se hoogtepunt in die dag. Dan word sy vol brawade badkamer toe gedra.
In die badkamer stop ons eers by die badkassie se spieel en verwonder ons eers vir die mense wat daar woon. Anja is gewoonlik erg opgewonde oor die vriendelike maatjies wat daar wag vir haar. Dan is dit in die bad…
In die bad wag haar baddietjies: Tiertjie, Skapie, Zebratjie, Oliefantjie en Perdjie.
Sy groet elkeen met ‘n slymsoentjie eers en dan is dit skoonmaak. Na afloop van die skoonmaak kom haal die een wat nie bad nie vir Anja met haar badhanddoek (dis nou daai met die kappie in die hoek). Anja kry omtrent nooit die kappie op nie aangsien sy te veel kriewel. Ons stap kamer toe en daar word sy afgedroog, gemasseer met roompies (ek noem dit sommer mesarchies) en gepoeier.
Die foto hierbo is wanneer sy op haar magie gedraai word sodat haar rug ook bietjie poeier kan kry. Op haar maag probeer sy al vorentoe, maar dit werk nog nie so lekker nie. Die pensie is nog bietjies swaar. Dis ok nie lank nie, dan begin sy murmureer oor die gesukkel. Ons help haar dan weer om, troos haar, trek haar aan, borsel haar hare – en siedaar! ‘n Skoon baba.
En dit is beslis die lekkerste reuk op aarde!!!
Filed under: Uncategorized
Maak seker dat jy die nuwe link click…
Filed under: Uncategorized
Hier is ‘n piekie van pa en Anja. Dit was geneem deur DIE ou.
Ek het Maandag begin werk. Dit was verbasend ergerig om vir die eerste keer na ‘n maand koebaai te se vir ‘n hele dag van die ou bondeltjie liefde. Ek het ook beleef hoe baie sy eintlik verander het oor die afgelope 3 maande. Mense let dit nie eintlik op terwyl jy 24/7 in haar geselskap is nie.
My lessenaar was ‘n traumatiese belewenis. Die lekkerte om die pad te vat op vakansie sonder om eers skoon te maak ontaard in die naarheid van ‘n gemors van ‘n lessenaar en jy kan nie meer onthou waar jy besig was nie. En dan is daar ook nuwe pos…
Ek begin so op ‘n manier weer spoed vang en is ook besig om weer te registreer by Natal. Die jaar gaan ek die Hons BCom (Accounting) goed pak gee. Ek is nie sy slaaf nie!!!!
Filed under: Uncategorized
My vriend is ‘n trigamitotiese tis
Dit het afgegee op sy hemp en dit rooi gevlek
Ek het dit probeer afvee, maar die vlek is te diep
Die tis het hom wellustig verslint en
nou skemer hy skaamteloos in die skadu van sy gevlekte hart
Sou ek die tis verklaar – verklap die tis in my –
My hemp is immers blou gevlek
Sou ek die tis verklap – verklaar die tis in my –
My vriend kraam van pyn met die tis in hom
En ek kyk toe – want die tis in my verstaan net
Die buitelyn
(kopiereg – Jacques van Zyl 2007) -> for what it’s worth!
Terwyl ek so my lyf kreatief hou… hier is ‘n idioom wat ek self gebaar het:
Om met die kling van die klok op te daag
Beteken: Om net betyds op te daag
(kopiereg – Jacques van Zyl 2007)
Filed under: Uncategorized
Hey dis ‘n nuwe jaar! Of eintlik is dit al 10 dae nader aan sy einde. Nadat almal hulle gatvol geshop het en twintig paper cuts opgedoen het terwyl hulle pakkies opgemaak het, en almal werklik daarna die rus nodig het, is die “groot dae” verby en is dit weer skouer aan die wiel – net dalk nou voel dit soos ‘n trekker band met sneeu kettings om!
Geluk in elkgeval dat jy die nuwejaar se dronknes drywers oorleef het.
Gister (9de) het Anja vir haar tweede inenting gegaan. Pa was egter die keer saam (synde nog met verlof). Die geleentheid was om 11:45 . Ma en Pas was opmerklik gespanne en Anja was ook effe versigtig om te jolig voor te kom – iets was beslis nie pluis nie.
12:00 en die Party begin. Ons is eers ge”brief” oor Anja se praftige gewigstoename al is sy op ‘n streng tiettie dieet. Die statistiek was 33g/dag – gemiddeld draai vir babas Anja se ouderdom by 17g/per dag (of so se die slim vrou). Ons was nogal effe bree bors oor ons spruit se vertoning en ma weet toe ook sommer haar melkies het woema!
Maar die goeie tye het ook maar gou gekwyn toe die inspuitingnaalde begin verskyn. Weereens een in elke been. Ek moes haar bene vashou terwyl die baba-vrou Anja sou poke. Ai, dis toe daai eerste naald tref dat Anja ‘n tragedie in A mineur weergalm. Ek het maar weggekyk terwyl die genadeslagting plaasvind. Gou gou volg die tweede een. Die vrou laat my egter weet terwyl die dinge gebeur dat na die tweede shot sy die watte opplak en dat ek dan Anja dadelik oor die skouer moet gooi en omdraai sodat Anja se aandag met ‘n kartonblom met klokkies afgetrek kon word. Dit het met gemengde welslae gewerk. Ma moes maar gou gryp en probeer troos.
Dit was die magic wat nodig was en Anja het kalmeer.
Verder die dag was sy effe kniesterig en 4uur die volgende more het ons suksesvol met ‘n ligte koors afgereken. (dankie aan Panado vir kinders)
Vanoggend was sy weer happy soos altyd en ons was bly. Terwyl ek nou hier sit en blogeer is Ma met Anja besig om haar nou meer te leer oor die wonders van NIE op die arm aan die slaap raak nie. Ek dink dat ek dalk maar net hier voor die puter op my eie arm rus moet vind…!
