Jacques van Zyl se blok?


Anja – 5 maande van leer
February 27, 2007, 9:10 nm
Filed under: Uncategorized

Anja net oor die 4 maande

Anja is amper vyf maande oud. Die foto hier bo is geneem toe Anja net oor die 4 maande oud was. Die realiteit van baba in die huis het nou begin inskop met ernstigheid. Nou kan dit sekerlik snaaks klink aangesien dit darem hoog tyd is dat ek besef hiers ‘n baba. Maar dis anders vir Pa. Ma voer en gaan te kere elke dag met die kind en Pa kyk soortvan toe.

Natuurlik help ek met skoonmaak en bad ens. Maar nou is dit anders. Nou kyk sy vir MY en sy glimlag vir MY. Sy ken nou haar pappa en dis so onsettend spesiaal dat dit net nie waar is nie. Ek mis die kind nou so as ek by die werk is en vind myself al moeiliker wegskeur werk toe in die oggend.

Wanneer ons tyd saam spandeer, staan ek hande viervoet oor haar met my gesig binne bereikafstand van haar sodat sy kan vat aan my gesig. Dan begin sy gesels en koer en te kere gaan. Dit is hands down die beste belewnis nog. Hierdie foto maak my heimwee kry elke keer as ek dit sien. Een van my gunsteling.

So wat het ek als geleer/beleef in die afgelope 5 maande?

Dat jy niks weet voor die baba nie gekom het nie. En elke dag is iets nuuts daar. Jy dink jys by, dan is jy nie. Goeie ondersteuning van kundige mense (soos Magical Moms se Riana byvoorbeeld) is uiters belangrik. Goeie vriende is net so belangrik. En vrede tussen ma, pa en baba. Baie bid. Baie tel tot 10 (veral tussen ma en pa soms). Goeie literatuur. En oorvol baie soentjies vir Anja! O ja, en om the onthou om ook vir MA so dan en wan ‘n soentjie te gee!



Sunset Lodge – St Helenabaai
February 23, 2007, 8:09 vm
Filed under: Uncategorized

BedSkryftafel en stoelKombuisieBadkamerWasbak

Ek was vanaf Maandag tot Woensdag weer in St Helenabaai. Die groot verskil die keer  is dat ek in een van die netjieste wonings aangebly het waar ek nog ooit was – Die Sunset Lodge in St Helenabaai.

Met eerste oogopslag van die plek sou jy dalk jou bedenkinge kon he oor die ligging – aangesien die kompleks reg oorkant die hawe-ingang is. Skuins oorkant Oranjevis se vismeel en blikaanleg. Maar dis wanneer jy om die hoek ry en parkeer dat jy begin besef hier is iets meer.

Die fasaliteit bied Slaap en Ontbyt, verhitte swembad en ‘n gimnasium – alles vrylik beskikbaar vir die gas. Dan teen verdere koste kan jy onstspan onder die hande van ‘n bekwame masseuse of kan jy vir ‘n mani of pedi gaan. Ook is daar ‘n gesellige kroeg (waar jy op jou kamer se rekening kan drink/kuier) en ‘n pragtige restaurant genaamd Bentley’s

Die kamer is of dubbel bed of twee enkel beddens en is selfversorgend ingerig. Twee bordens, bakkies, bekers, messe, vurke, ‘n mikrogolf, oond/tweeplaat stofie en ‘n yskas. Ook is daar ‘n mooie platskerm televisie teen die muur met 10 DSTV kanale opgestel (MM1 & 2, Hallmark, Discovery, SABC2, Etv, MNet en 3 SuperSport kanale)

Die dekor in die kamers is nou eintlik die ding wat my aan die sing gekry het. Die aagehegte fotos maak bietjie afbreek aan die kleurskakerings aangesien die selfoon flits dit bietjie opgedons het. Alles is pratige warmkleure en die kamer ruik na die leer stoel in die hoek van die kamer. Baie spieels, pragtige swaar roomkleur gordyn en kantgordyn die hele muur vol. Ingeboude kluis in die kas met ekstra kombers en haardroer.

Die bed is oorgetrek met ‘n baie baie mooi “comforter” en is in skakerings van bruin en goud. Stylvolle hout lampies op elke bedkassie en ook op die skryftafeltjie. Massiewe spieel oorkant die bed, in die gang en in die badkamer.

 Die badkamer het ‘n byderwtse toilet, hoekstort en mooi wasbak. Alle krane is van daardie “focus” bydrywe waar jy die handvatsel links of regs draai vir warm/koue water en op lig vir meer of minder water  vloei.

Diens is vriendelik en profesioneel en die personeel is net te gretig om vir jou die fasiliteit te wys. Vra gerus, hulle sal dit vir jou doen.

Tariewe: R250 vir een persoon per aand (ontbyt ingesluit), R490 vir twee mense in dubbelbed kamer, R400 vir twee mense in enkelbed kamer

Kontaknommer: 022-736 1304



Anja – Duet
February 23, 2007, 7:44 vm
Filed under: Uncategorized

Anja - probeer fluit? 

 Anja en Pappa het nou die dag ‘n duet gesing en dit was ‘n besonderse oomblik. Hier is die legendariese snit!



Allerlei
February 14, 2007, 8:35 vm
Filed under: Uncategorized

Anja is gister weer gepoke (derde een nou) teen allerlei slegte dinge wat haar siek kan maak. My ma het die keer vir Anja en Annelize vergesel. Ek moes maar by die werk sit en wonder. Dit was bleikbaar bietjie beter, maar nogsteeds vrek seer en ons arme kleine het maar weer gedink die wereld is ‘n af plek.

Toe ek by die huis kom, was sy duidelik onststeld en ek dink ook sy was bietjie verwytend oor dat Pa nie daar was om haar by te staan nie. Hoe kan ek haar so oorlaat aan haar lot???

Later die aand raas die termometer in ons ore oor koorsighede. Dus het ons haar maar wakker gemaak en Panado gevoer en afgevee met ‘n koel lappie. Sy het gedink dis ‘n spa en dit onsettend by geniet. Ook ‘n paar 7delaan woorde (gevleulde) probeer spreek, maar vasgesteek by die E’s en die A’s.

Ons sukkel bietjie met die swemgat. Sedert ons laas by St Helenabaai was, het die swembad bietjie probleme opgetel met alge ens. Dit het ons darem nou uitgesorteer gekry, maar die water bly nou troebel. Ons is maar in die oorlog gewikkel om dit tot redde te bring.

Ek het begin swot Maandagaand na ‘n kerkraadsvergadering. BTW. Gisteraand het ek maar laaggele en vandag sal ek bietjie Oudit deurdraf. Ek probeer nou regtig hard om meer professioneel met die data om te gaan, maar dan besef mens meer hoe vrek baie dit EINTLIK is.

O ja – vandag is mos vaaltuindag. Ek dink ek en Annelize sal maar Wacky Wednesday burgers koop by Steers… dis immers altyd ‘n wenner!



die hele doos en kubus
February 9, 2007, 8:10 vm
Filed under: Uncategorized

Ek is weer geregistreer by UKZN  se Honeursprogram vir Bcom  Rekeningkunde. En Woensdag kon ons ons welbekende boksies gaan afhaal. Die hele 25kg! En dan het die ding nie eens handles nie. Maar nou ja. Hulle wou jou seker net orienteer wanneer jy self met jou kubus van kennis uitsukkel uit die registrasielokaal dat die jaar net so taai gaan wees soos die wat jy dalk nou sukkel om oor die weg te kom met die dosie.

 Hierdie jaar het baie dinge by Natal verander. Bleikbaar was die afstandsonderig heel apart van Natal se normale bedrywighede en het Prof Vigario en sy span die ding onder kontrak met Natal gedryf. Hulle kontrak het bleikbaar verstryk verlede jaar en so was die program amper maan toe. MAAR gelukkig het iets gebeur in Natal (wat ek nie weet van nie) en het die Universiteit besluit om die program op te neem. Of so lyk dit. Natuurlik nie sonder tandekry probleme nie. In my opinie was dit nogsteeds beter as Unisa.

Maar omdat dis SO maklik gegaan het verlede jaar, was die “vertraging” die jaar ietsie nuuts. Ons moes die keer in ‘n ry loop sit en jou dokumente oorhandig aan ‘n outjie wat alles moes nagaan en in ‘n leggertjie steek alvorens jy jou boks kon kry. Dan draf jy af na tafel twee toe om jou kubus van kennis te vat en te teken daarvoor en dan natuurlik uitsukkel kar toe. Oulik nou hoe jy maar jou lippe braaf probeer slap hou voor die ander studente terwyl jou arms behoorlik 1cm langer rek. Jou spiere is so gepomp na daai oefenning dit jy sommer voel jy kan jou kar optel man!

Die lesings en ek glo toetse ook word die jaar by die RiverClub in Observatory gehou. Dis bietjie erg vir die Noordelike voorstede mense aangesien jy letterlik in die Sodom van verkeer moet in neuk. En ek kan nie my indink eksamen moet gaan skryf net na jy jou lewe 5 keer sien verby flits het terwyl jy probeer inkom by die N2 van die M5 af nie.

Ek voel die jaar baie positief oor die studies en wil graag bewys eks nie so dom soos mense dalk mag begin dink het nie. 5th time lucky se ek altyd….of was dit nou 4rth time. Ek kan nie onthou nie….



Anja – Doop
February 5, 2007, 8:49 vm
Filed under: Uncategorized

Hier word Anja in die Naam van die Vader gedoop… 

 Anja is Sondag gedoop! Sy het dit baie geniet en het ewe regop gesit om alles behoorlik in te neem. Die dooprok wat sy aangehad het, was myne by my doop. Daaroor is baie trots. Ook Ma is baie trots, want dis bie die einste doopfond waar sy gedoop is. So dis ‘n hele mooi belewenis.

Die doop is ‘n great geleentheid waar ons babatjies die teken ontvang om ons te help onthou dat God vir ons lief is en dat ons uit genade alleen gered is. Nou kan ek altyd vir Anja aan die hand van die doop laat onthou dat sy altyd spesiaal vir God is. Of dan nou Liewe Jesus, soos ons in ons kleindae geleer is.

Dankie Ds Kobus vir die great doopkategese. Daar is voorwaar baie om te leer en weet oor die doop.

Na die tyd het ons koek en tee geniet by ons huis. Dit was beslis die meeste mense wat op een slag daar was. Die beperkte parkeringsgeriewe was nogal ‘n uitdaging, maar almal het lekker gekuier en gesmul. Anja het so bietjie moeg geraak en die party so bietjie vroeg verlaat vir ‘n uiltjie knip.



Anja – babakommentaar 1
February 2, 2007, 1:44 nm
Filed under: Uncategorized

Anja aan die woord

Ek het vir Anja gevra wat sy dink oor SABC1 – die reaksie was gemeng…

 Luister hier daarna.