Filed under: Uncategorized
Heits – my stilte op my blog het duidelik nie ongesiens verby gegaa nie – en dan juis ongesiens. My SA Top Sites rating val toe mos sommer van 265 na 323. Dit wys my die deng werk tog. Maar fear not….
Ek word op die oomblik geoudit en dit dring my tot GEEN tyd op die blog lunch tyd. En na-ure is dit ek en my toets wat Saterdag op hande is. :-/
Ek sal beslis ‘n update gee oor Anja se eerste see toe gaan belewenis en ook ‘n opvolg van den wilde vogels - attack on the truck
So staan by en lees my argiewe solank tot seker volgende week!
Hou dit mooi…
Filed under: Uncategorized
Gistermiddag het ons in die kantoor ‘n wilde lawaai gehoor op die kaai. Buite ons fabriek was ‘n hele swetterjoel seevogels wat besig was om ‘n krat vol visafval te takel vir ‘n middaghappie. Dit was nogal in mooi gesig en het ek dit op video vasgele. Die kwaliteit is effe sleg, maar ten minste kry mens die idee.
Klik HIER om St Helenabaai se bestes te sien…
Filed under: Uncategorized
Dit is Jacques regstreeks van St Helenabaai…
Ons het vanoggend die pad gevat St Helenabaai toe sodat ek hier kan kom werk. Hierdie is weer een van my maandlikse werk trippies hiernatoe. Die vrou en Anja het saamgekom. Verlede keer het ek alleen gekom. Dis met daardie trippie dat ek die Sunset Lodge kommentaar kon lewer. Maar die keer is ek weer tuis by die Blueberry Lodge. Baie meer huislik en eenvoudiger – nogtans lekker!
Anja het vanoggend lekker regop gesit na ek haar drooggemaak het na badtyd. Dit was so oulik om actually haar hempie aan te trek terwyl sy sit! Voorwaar ‘n mylpaal. Ons dogtertjie word groot <snik>.
Sy het te pragtig in haar karsietjie gesit met haar hoedtjie op. Die het ons maar afgehaal later toe die ding die hele tyd oor haar oge val. Sy is nog bietjies te klein vir dit. En ai, so lekker uiltjie knip tussen Malmesbury en Vredenburg is mos totale kwaliteit. NEE, nie ek nie, Anja!
Ek is hier tot Vrydag toe. Ek dink ek moet ‘n paar selfoon piekies van die plek neem en more hier publiseer.
Tot dan…groete
Filed under: Uncategorized
Hierdie naweek was ‘n gemiddelde een.
Ek was siek en my vrou het ook siek geraak. EN die ergste natuurlik is dat die kleinding ook bietjie snotterasie opgedoen het. Sy was Vrydagnag omtrent elke 2 ure wakker. Dan het ons maar getroos en so. Saterdag wou ek leer, maar het nie lekker gevoel nie en heng dit was warm. Nou sit ek alweer met die ding wat my ry – JY MOET LEER, JYS AGTER!
Ai, same crap, different day.
Saterdagaand het ou vriende van ons (nie fisiese ou mense nie, net ons ken hulle al lank) by ons kom boereworsrolle maak/eet. Dit was lekker, net ek het te veel geeet. ‘n Seer maag is nie juis ‘n goeie incentive vir lekker eet nie. Sondag het ek behoorlik laag gele en maar met die kleine besig gewees en eintlik min gedoen – nie by leer uitgekom nie (uit keuse).
Die hoogtepunt was egter teen die namiddag toe ons besluit het om uit te ry koppie toe (Tygerkoppie). Daar het ons bietjie die uitsig geniet en net gechat. Ek het ‘n erg behoefte gehad om net bietjie tyd te spend met die vrou – bietjie chill. En dit het ons gedoen. Ons het huis toe gery, ‘n DVD uitgeneem (CLick) en rolletjies gekoop. By die huis het ons almal eers gemaklik geraak – Anja is gebad , ons het gestort en in sweetpakke geklim en kaasrolletjies gemaak.
Na Anja aan die slaap geraak het, het ek en die vrou op die bank gemaklik geraak en DVD gekyk. Dit was ‘n regtige goeie storie en Adam Sandler het nie teleurgestel nie (eks ‘n fan ok). Dit het die spot getref enek het beter omtrent die naweek gevoel.
Hoekom vertel ek dit als? Dalk omdat daar niks beters gebeur het nie. Soms het mens ook tye in jou lewe waar niks gebeur nie. Is dit ‘n slegte ding? Ek weet nie. Ons het stukkies van die Argus toer gekyk Sondag. Tydens die sessie het ek vele goeie herinneringe van my eie toerbelewenisse opgeroep. Dalk moet ek weer fietsry. Eks seker ook net bietjie gatvol van alles moet uitstel die hele tyd totdat ek klaar geswot het – ek moet seker net my gat in rat kry en leer en klaarmaak…
Aldus die Maandagoggend klaagliedere van Jakie
(Casper de Vries het op Johan se blog gecomment – hoe cool is dit net nie!!!! – gaan kyk gerus)
Filed under: Uncategorized
Anja is nou besig met ‘n nuwe stuk opgewondenheid. Ek het haar tydens die foto sessie bekendgestel aan pappa se klavier. Sy het regtig nie lank gevat om agter te kom dat as sy die wit en swart goed slaan, dit ‘n aangename geraas maak nie. Nou begin sy al soos ‘n opwenbaba al slaan terwyl ek haar na die klavier bring in afwagting vir die tingeling.
Bo die klavier staan my model vliegtuigies. Nou kan ek sien hoe sy die goeters baie aandagtig dophou terwyl sy aant tokkel gaan. Duidelik dien dit as ‘n mate van inspirasie. Ek kan dit heeltemal verstaan!
Wat vir my baie mooi is, is hoe sy met elke sessie meer speel en meer die klawers beproef hoog en laag, en links en regs. Die musiek is vir my mooi omdat dit rou en uit ondeurdagte kennis gespeel word. Ek sal beslis ‘n opname van haar unieke meesterstukke maak en hier plaas. Hou die plek met afwagting dop.
Ek is wel bietjie besorg dat haar kleine handjies dalk gaan seerkry, maar sy kap net voort. Later besluit ek maar dat sy eers moet ophou. Sy het die afgelope maand meer tyd op die klavier bestee as ek. Hmpf…
Filed under: Uncategorized
Hier is die oomblik waarvoor alle Anja fans reg oor die kuberruimte gewag het – ‘n video onderhoud met Anja.
Dit is HIER beskikbaar
Dinge om op te let na is:
Op haar hempie staan “I’m Hot”
Die beertjie waarmee sy fiddle is “Medi-beertjie” en is die standaard issue Medi Clinic beertjie wat alle Medi-Twinkle babas kry.
Filed under: Uncategorized
Ek het ‘n vriend. Sy naam is Deon. Op sy kroegtoonbank het hy ‘n yster bees. En wanneer die Blou Bulle verloor, dan draai hy die Bees op sy kop. As hulle weer wen, dan draai hy dit weer op sy voete. Dus is dit baie snaaks om by hom aan te kom en die bees is op sy kop – dan weet jy die Bulle was NIE!
