Filed under: Uncategorized
Vandag was ‘n tipe onamptelike vakansiedag vir baie mense. Vrydag was vryheidsdag en more is werkersdag. Vandag is sommer net afdag. Maar vir my was dit dalk ‘n af dag aangesien ek moes kom werk. Dit was veral bietjie sleg omdat ek so ‘n lekker naweek met die kleine Anja en ma gehad het – en ook omdat ek weet die kantoormense in St Helenabaai het af vandag.
Dus was dit maar met ‘n swaar hart dat ek die lekker vryvloeiende N1 Milnerton toe vat. Ek gryp met my uitloop ‘n Beach Boys CD, omdat ek dink hulle omtrent die enigste ouens was wat my in die mood vir die dag kon kry. En weet jy, dit het nogal gewerk. Wat dit egter ook gedoen het was om ‘n paar aangename herinneringe los te stoom in my.
Snit nommer 7 op die CD is “Surf’n USA”. Die herinnering hiernaan is dit:
Toe ek nog baie klein was, het my broer per geleentheid my ma se ou plaatspeler uit die kas gehaal. Dit was so ‘n tassie bedryf waarvan die deksel die luidspreker was. Op die draaitafel was ‘n rooi rubber laag sodat die plaat nie beskadig nie. Dan het hy Beach Boys se Surfin USA opgsit en dit was natuurlik die titelsnit. En dan onthou ek soos gister as daai ou die kitaar begin en die ou begin sing… dis nogal ‘n vogtige oomblik vir my.
Reenerige dae soos vandag laat my gewoonlik heimwee kry na my ma se kombuis en my kamer toe ek nog klein was. Sy was ‘n huisvrou en so het ek altyd “the fortunes of having a mom at home” beleef – dit terloops een van my learskool mondeling temas. Middae het die aroma van aandete begin opwelm en reendae het vir my Mecano en Lego in die veiligheid van my kamer beteken. Veral Saterdae het my ma haar ou plate gespeel – oor en oor en ek het met groot plesier daarna geluister terwyl dit die huis vul – en ek in my kamer speel.
Jim Reeves was nogal een van my ma se gunsteling huisskoonmaak plate – ek onthou Jim se klanke saam met die reuk van meubelpolitoer en geskuifde meubels en opgerolde matte – ja my ma kon nogal ‘n huis op sy kop draai as sy skoonmaak. Gelukkig pla sy nie meer so erg daarmee nie!
Saterdae was dit my pa se beurt met sy Elvis plaat, CCR en hope 7 singles. Ek het nogal nou die dag weer geluister na Blue Train. Baie country plate en so bietjie boermusiek – en dan natuurlik daai een snit op die Vyfster plaat… o ja! As die gier oor was , het ek die plaatspeler geannekseer en na Oom Kaspaas, Adoons hulle, Pinochio, Liewe Heksie en Heidi geluister. Daar is GEEN vervanging vandag vir daardie tipe kwaliteit nie. Dis jammer dat kinder met K soos Poci-crap en Draakbal Znork met opgeskeep sit – baie jammer…
Nou die dag was daar ‘n mikroskopiese insetsel oor Wielie Walie op Pasella – maar seker omdat dit Paselle is, is dit soos ‘n demo – dis net ‘n lusmaker – maar net te min. Ons het die insetsel opgeneem en letterlik oor en oor gekyk. Die gevolg is egter dat ek daagliks vir Anja Wielie Walie se tema lied op die blikfluit speel – tot haar groot genot natuurlik.
Heng – dit was nou lekker.
Ek het weer ‘n video van Anja geneem op my selletjie – sal dit verwerk en weer plaas.
Groete
Filed under: Uncategorized
Ek het weer in St Helens gekuier. Dinsdag oggend so tussen 3 en 4 word wakker van ‘n gerammel. Dit het omtrent geklink soos wanneer iemand in die omgewing ‘n movie op sy surround sound luister. Net om te besef daars onweer buite.
So gryp ek my Nokia 6680 en probeer die blitse verfilm. Die snaakse ding is nogal dat jy nie moet soek vir die blitse soos hulle slaan nie. Wag en kyk waar die goed flits, en hou jou fokus daar. Die kanse is goed dit sal weer daar slaan.
Anyways, klik HIER om ‘N VIDEO VAN my blits te sien!
Groete
Filed under: Uncategorized
Heelaas, ek skryf weer ‘n grepie uit my lewe!
ANJA: Ons baba dogtertjie word groot. Eersdaags gaan sy straks die huis verlaat. Tot dan egter het sy haar eerste tandjie begin beleef. Die sit ewe trots op die onderkaak en loer vir die wereld. Sy raak elke dag ouliker en is beslis my hoogtepunt daagliks.
STUDIES: Toets een het gekom en is verby. Ek voel heel tevrede met die poging en is nog vol hoop vir die jaar.
WERK: Ek gaan die volgende 3 weke in St Helenabaai moet deurbring agv werk. Die ouditeure kom skrutineer, analiseer en dalk verinneweer my boeke. Ek voel ook hier is die resultate beter as verlede jaar. Hierdie week is my laaste kans om alles af te handel.
GEESTELIK: Paasfees is ok verby. Dit was die mees paasfeesste paasfees wat ek nog beleef het, waar Vrydag en Sondag die hoogtepunte was. ‘n Ware Christus fees!
