Jacques van Zyl se blok?


Kan jy afvat van jou geloofslewe?
Mei 30, 2007, 9:31 vm
Filed under: Uncategorized

Kerk 

Ek het ‘n lys van gemeentelede (in ons gemeente) tussen 25 en 40 getrek by ons kerkkantoor. Ek is natuurlik ook op die lys aangesien ek nou 30 is. Die doel was om bietjie te kyk na die name en op ‘n manier kontak te maak met die mense. Ek wil graag weet of hulle nog in die gemeente is. Indien hulle nie meer is nie – waar is hulle nou en dalk hoekom hulle weg is.

Ook sou ek wou weet indien hy/sy nog nog hier is – wat sou hy/sy graag wou meer beleef as wat daar huidiglik beskikbaar is of waarvan hou hulle nie. So ‘n stelling kan dalk mixed feelings skep aangesien mens sou kon redeneer hoekom daar “iets” moet wees wat die mens stimuleer. Hoekom kan hy/sy nie net doodeenvoudig ‘n verhouding met die Here he en Sondag oggend kerk toe gaan en kom EER gee aan sy God saam met ander gelowiges nie. Is die presentation dan so belangrik vir die moderne mense om met die Here te kan omgaan?

Wat se verskil sou dit maak indien hy/sy/ek in die middel van die woestyn sou sit onder ‘n boom en ek moes “kerk” hou. Sou dit dan nie kon gebeur nie. Of sou dit dalk vanuit ‘n moontlike noodsaak ‘n noodsaaklikheid word vir hulp. Of sou dit die beste kerk wees wat ek ooit kon hou…

Jong mense kan dalk maklik vandag (dalk te maklik) ‘n te kort aan “side shows” blameer vir ‘n geloofs/geestelike droogte. Dis moontlik lekkerder daar waar dit wild gaan – dis beslis lekker om saam met ander gelowiges baie opgewonde te raak as jy jou hart sou bv uitsing oor die liefde van Jesus terwyl die band daarvoor hulle Godgegewe talent uitbasuin oor luidsprekers. My probleem is net dat wanneer daai ou daar uitstap – hoe is sy/haar verhouding met God dan. Was dit ‘n great oomblik in die hitte van die oomblik of was dit nog ‘n great oomblik in ‘n hele dag van great oomblikke saam met God. Sou hy/sy met sy/haar vriende deel dat dit nou lekker was en dalk daardie aand nog geestelike gesprekkies voer en Maandag is dit back to the old ways?

Of sou hy/sy daardie aand en die res van die week die lied nog in sy/haar hart dra en die loflied vir die Here voort neurie in die lewe – resoneer sy/haar lewe ELKE dag die lof aan die Here??

Of kies hy/sy om net eenvoudig glad nie tyd met die Here deur te bring nie. Nevermind nou van kerk toe gaan. Net om ‘n konstante bewustheid van die Here at least te he. Nou en dan spontaan met die Here praat terwyl hy/sy werk of klas toe ry/loop.

Of is daar niks…

Jong mense raak arrogant in hulle wysheid en jeug – en vergeet die Pottebakker darem nogsteeds die beker gemaak het – nie andersom nie.

Terug na my aanvangsparagraaf – hoe kry ek die sentiment by die jonges in ons gemeente. Ek sou seker aktief vir hulle kon bid – Dis immers die Heilige Gees wat mense van Hom oortuig, nie ek nie. Ek kan seker wel die boodskappie bring.

Ek vra die vrae, omdat ek self per geleentheid kitaar voor in die kerk slaan – en dan juis nie saam met ‘n band nie. Net ek en nog ‘n klawerbord. Dit dien duidelik nie in die behoeftes van ENIGE van ons gemeentelede nie (nevermind die jonges). Ek reken ‘n gereelde bywoning van 10 saans spel dalk dit. En ek sal eerste wees om te erken dat dit baie lekker is om saam met ‘n paar band lede lofmusiek te maak en ‘n geruis van gelowiges (hopenlik) juig saam. Dis die AMAZINGSTE belewenis. Ek mis dit. Maar as ek daarvoor staan en sing – dan doen ek dit vir die Here. Ek sal heel aand daarvoor alleen ook staan en sing – ek gee nie om nie. Ek connect met die Here in musiek terme dan. Wie my wil join is welkom. Moet net nie ‘n show verwag nie.

 Maandag sal ek werk toe gaan en dan dankie se vir die Here oppad dat Hy my en my gesin bewaar het deur die nag. Ek sou Hom loof omdat Hy groot en almahtig is. Ek sal seen vir die dag vrae. En ek sal dankie se vir genade…



Ceres
Mei 28, 2007, 8:42 vm
Filed under: Uncategorized

Ek en die gesin het Sondag Ceres toe gery. ‘n Voortrekker vriend van my bly en werk daar. Dit was ‘n behoorlike prag ervaring, want die pad soentoe was alreeds die trip werd. Die goeie geselskap het natuurlik die kroon gespan.

 Ons het die N1 deur die Hugenote tonnel geneem tot net voor Worcester. Daar het ons link gedraai by die bordjie wat Ceres spel. So maar aangekronkel deur die berge tot by die Michells Pas. Die so ‘n mooi stuk pad. Al langs die Bree rivier. En dan die mooiste is hoe jy reg bo-op die berg uitkom in Ceres. Die dorp het my verwating oortref. Dit was skoon, mooi en gemeng van herfs en groen. Met die wilde natuur letterlik net ‘n klipgooi na enige kant toe. Omtrent almal se tuine is netjies en almal het ‘n berguitsig!

Ek en Annelize het nou die dag vir Everwood gesit en kyk en gewonder of daar regtig sulke oulike eenvoudige skoon en opregte dorpies bestaan (soos die sprokies wereld van die Gilmore Girls). Lyk my Ceres kom bleddie naby!

Ek het so ’n stukkie gevang van The Specialist op Etv oor die naweek. Daar het ek een van die kaasagtigste aanhalings gehoor. Sharon Stone se karakter se iets soos “They say you shape your charges”… of so iets. Dan se Stallone se karakter “How I shape them is my business.” Hy jy jou bommaker. Ek hoor jy rol jou plofstof. Hoe ek my bolletjies rol is my besigheid! Ai ai…



ANJA – 7maande – ‘n onderhoud
Mei 14, 2007, 9:13 vm
Filed under: Uncategorized

Anja 7 maande 

Na lang afwesigheid is Anja terug op die lug.

Klik HIER om die onderhoud VIDEO te sien.

 Groete



Op pad
Mei 11, 2007, 8:38 vm
Filed under: Uncategorized

Padwoede 

Vanoggend werk toe het 3 mense hulle toppertjies uit hul motors gegooi waaroor ek gery het. Die rokers dink bleikbaar ons wereld is hulle asbak. Plaas hy gebruik die houertjie in sy motor wat hy moontlik vir kleingeld gebruik (wat terloops ‘n asbak genoem word)

Een mens met ‘n CF nommer het sommer voor my ingedraai op die N1 sonder om darem eers net daai flikkerlig te gebruik. Snaaks hoe sommer net gesien het die mens begin so lyk of hy/sy wil baan verander – en dan float hy/sy sommer so oor.

Een ou het vir my getoet toe ek nie ‘n gap wou vat nie. Later kom hy verby my oorspoed gejaag.

Mense raak 3rde werelds op ons paaie!