Filed under: Uncategorized
Anja was die 5de Julie 9 maande oud. As iets fout gegaan het by haar geboorte, dan was sy nou ‘n ousis. Gelukkig is als nog in orde en Anja nog ‘n enigste!
Sy kruip al en staan op teen goed en staan per geleentheid op haar eie (wanneer sy baie braaf is) en sy geniet dit om mens se hande te vat en te spring. Sy speel lekker saam en gesels geraag en is DIE oulikse babatjie op die planeet. Wanneer ek kitaar speel, dan kom staan sy op haar kniege voor my en perform soms ‘n tipe dansie. EN neurie natuurlik saam.
Gisteroggend sing ek vir haar Hansie slim – toe neurie sy die eerste deel van die lied terug vir my. Nou die hele wysie perfek nie, maar die ritme was daar!Ek kon hoor dis Hansie-slim. Ek het amper omgeval en beslis ‘n lagie van haar wang afgesoen.
Sy is ook vinnig om te sien wanneer mens met haar grappies maak of haar terg en geniet die aandag. Die snaakste (en lekkerste) is wanneer sy haarself “can” vir een van pappa se simpelgede.
Ek is baie lief vir haar en mamma en dank die Here vir hulle elke dag!!
