Filed under: Uncategorized
Hallo
Anja is nou 10.5 maande oud eb loop nou. Dit het ‘n tydjie gelede begin met klein sleeptreetjies – een of twee. Nou is dit volle “circuits” op die mat. En dit alles gisteraand. Dit was voorwaar ‘n wonderoomblik om dit te sien. Ma het amper oor haarself geval van omgewondenheid.
Ons het dit als op selcam vasgevang en ek sal die video hier post.
Vrydagaand sing ons mannekoor (Pro Musica) by ons kerksaal tenbate van die eiendomme se opknapping. Ons koor het erg verlies aan stemme gely die jaar en is nou ‘n volle 5. Ons sien egter uit na ons optrede Vrydagaand en hoop dat ons nog stemme gaan by kry – anders mag dit dalk net die einde wees vir ons.
Saterdagoggend ry ons vroeg Vredendal toe vir ‘n lugskou daar. Vriende van ons gaan saam. Ek sien uit daarna om van my online vliegvriende daar te ontmoet.
Eksamen is nou 1 en ‘n bietjie maand weg en nou moet ek alle stops wegneuk om die knoop deur te haak.
Verder – die einde is naby, kry jou lewe in orde (synde maak seker jy glo in Jesus). Die genade is vir ALMAL wat daaraan glo en klou. Gryp dit aan – die uitnodiging is daar…
