Filed under: Uncategorized
Sondagoggend word ons wakker met Anja tussen ons in die bed. Sy het erens gedurende die nag kniesterig geraak en so ons besluit om haar te akkomodeer in ons kooi.
Als was nog rustig en gelukkig toe Anja ewe skielik begin huil en vreeslik hartseer raak oor ‘n saak. Ons kon eers nie lekker verstaan wat dan die probleem kan wees nie – totdat ma die geswelde linker kies opmerk.
Ek bel die pediater (Dr Jaqui Batt
) en vind toe uit dat dit of ‘n keelinfeksie met ‘n ‘n gewelde klier is of pampoentjies. Die interessantheid is dat sy net 15 dae gelede haar MMR (mumps, measels & robella) insuiting gehad het. Was dit dus ‘n reaksie daarop? Of het sy die gogga erens gekry?
Vanoggend is ma met kindjie na die dokter toe – bevestig: dis pampoentjies!
Maar dit lyk my sy’s reeds oor die ergste. Nog ‘n episode in die lewe van ouerwees…
5 Kommentaar sover
Lewer kommentaar
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

eina, pampoentjies is niks lekker nie!
Comment deur Johan Swarts February 1, 2008 @ 11:25 nmWel, ek is oppad dr toe met my kleuter… presies dieselfde storie met die simptome en hy het dieselfde gereageer… klink my ek het dieselfde probleem
dankie vir die nota… hier in Frankryk is alles altyd ‘n drama, goed om mense by die huis op dieinternet te vind…selfs al is dit ‘n vreemdeling…
Comment deur Ellen Lungo April 21, 2008 @ 3:15 nmAi sterkte met daardie een. En dankie vir jou reply. Ek was werklik lanklaas hier. Ek hoop jou kleintjie raak gou gou beter. Hulle raak tog so siek en verstaan nie altyd so lekker waar die eina vandaan kom nie.
Comment deur jakie April 22, 2008 @ 9:19 vmEk kan opreg berig dat Anja geen verdere inspuitings van die inenting aard gekry het nie. (Sy moes een of ander booster kry). En sedert ons nie meer haar laat inspuit het nie, het sy ook nooit weer sulke onsettende hoe onhanteerbare koorse gelry nie. Was dit dalk die inspuitings wat haar so siek maak??
Comment deur jakie September 10, 2008 @ 11:26 vmyou never know…
Comment deur Johan Swarts September 12, 2008 @ 11:47 vm