Filed under: Uncategorized
Verlede week was dit chaos in St Helenabaai. Want vir die kalm Sandy Point hawe is branders selfs ‘n vreemdheid. Maar verlede week het daar ‘n vreemde ding aan wal gegaan. ‘n Tsunami. Kan jy dit glo. Hier waar jy nie eens kan bodyboard nie. Wragtag ‘n tsunami.
Darem nie van daai wat huise en mense wegvat nie. Maar steeds genoeg om die nuus te haal en om die hawe te oorstroom.
Maar toe almal dink dis seker dit, toe waai hier ‘n storm wind wat nogal skade ook aangerig het. Hier is ‘n foto wat ek vandag geneem het van die visfabriek waar mense hulle snoeke kan vlek.
Iemand het skertsend kwytgeraak dat Godzilla hier deur was. Lettelik…
Alle grappies eers opsy, daar is mense wat skade beleef het en dit is nartuurlik nooit snaaks nie. Wys jou net dat jy nie kan se dat daar niks aangaan in St Helenabaai nie!
No Comments Yet sover
Lewer kommentaar
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

