Jacques van Zyl se blok?


Anja – TWEE!!!
Oktober 6, 2008, 8:08 vm
Filed under: Anja | Tags: , , ,

Anja het gister twee geword.

Vir haar verjaarsdag het ons ‘n partytjie gereel. Ons het 5 van haar naaste maatjies (ingesluit haar nefie – wat terloops haar mees gunsteling mens in die wereld is) en die van die naaste familie en die ouers van die maatjies was genooi.

Die kleintjies het almal KFC Chicky meals gekry. Dit het baie lekker gewerk aangesien hulle self hulle boksie kon oopmaak, ‘n sappie, ‘n klein burgertjie en ‘n sakkie slap tjips Daaruit kon nuttig. EN dan is daar ‘n speelding ook by. Hierdie rondte was dit klein plastiek krieketballe met vashou posisies daarom uitgemerk. Dit was baie geslaags.

Vir die grootmense het ons word gebraai en boereworsrolle voorgesit met ‘n tamatie smootjie en slaaie. Dit was als self service. Dus kon jy gaan haal soos jou behoefte was. Dit ook was baie geslaagd.

Die weer was perfek en die geselskap nog beter. Dit was ‘n lekker saamwees dag.

Dankie Here dat U ons gesin saam gespaar het vir die afgelope 2 jaar. Seen ons asb met nog baie jare saam.

Hier is ‘n kiekie van Anja en Armand (een van die maatjies). Hulle bepeins die betekenis van die glyplank relatief tot die kosmos…

Anja en Armand

Anja en Armand


2 Kommentaar sover
Lewer kommentaar

whoohooooo!

Comment deur Johan Swarts

Goeie liewe donkie!! Sy het FLIPPEN GROOT GEWORD! En sy lyk vir my net al hoe meer na jou, jacques! (wat seker darem ‘n goeie ding is, hehe) :P

Comment deur Lize




Lewer kommentaar
Line and paragraph breaks automatic, e-mail address never displayed, HTML allowed: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>