Filed under: Jacques
Vandag het ek my seun vir eerste keer voel skop in ma se maag. Hy is vandag 19 weke ver gevorder. Dit was nogal ‘n besonderse oomblik. Ek het my hand onder die ronding van die baba boep geplaas en daar voel die boemp. Dis fantasties. Wat dit die keer nog meer spesiaal maak, is dat my dogtertjie (nou skraps oor die 2 jaar oud) ook daar op die bed rondgespeel het.
Herrinneringe (en toekomsblikte) van Telement drops (ons noem dit sommer Tielieman) en 2am opstane en huile en dinge flits op in my en die vrou se gesprekke. En dis ‘n aangename gespot oor hoe Anja 10:1 daardei tyd van die oggend aan die speel sal wil gaan omdat sou nou wakker van baba geword het. Ons sal natuurlik nie juis in die bui daarvoor wees nie.
In elkgeval – ek het kontak met my seun gehad vir die eerste keer – en dis spesiaal!
