Jacques van Zyl se blok?


TOUCHy FEALy
December 5, 2008, 7:40 vm
Filed under: Jacques

Vandag het ek my seun vir eerste keer voel skop in ma se maag. Hy is vandag 19 weke ver gevorder. Dit was nogal ‘n besonderse oomblik. Ek het my hand onder die ronding van die baba boep geplaas en daar voel die boemp. Dis fantasties. Wat dit die keer nog meer spesiaal maak, is dat my dogtertjie (nou skraps oor die 2 jaar oud) ook daar op die bed rondgespeel het.

Herrinneringe (en toekomsblikte) van Telement drops (ons noem dit sommer Tielieman) en 2am opstane en huile en dinge flits op in my en die vrou se gesprekke. En dis ‘n aangename gespot oor hoe Anja 10:1 daardei tyd van die oggend aan die speel sal wil gaan omdat sou nou wakker van baba geword het. Ons sal natuurlik nie juis in die bui daarvoor wees nie.

In elkgeval – ek het kontak met my seun gehad vir die eerste keer – en dis spesiaal!


5 Kommentaar sover
Lewer kommentaar

:)

Comment deur Johan Swarts

bees 0wnage

Comment deur Johan Swarts

Dit is spesiaal!!! Dis kosbaar en wonderlik… Geniet dit.
BTW – die ouer kinders leer binne ‘n week (merk my woorde) om dwarsdeur pienkvoete se geskree te slaap! Sterkte….

Comment deur Pikkie

Hoe gaan dit nou met die laaitie?

Comment deur oopkop

Hallo Oopkop. Dankie vir jou belangstelling. Gaan lees gerus die volgende insetsel.

Comment deur jakie




Lewer kommentaar
Line and paragraph breaks automatic, e-mail address never displayed, HTML allowed: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>