Jacques van Zyl se blok?


Anja – 2 jaar 4 maande
Maart 23, 2009, 9:54 vm
Filed under: Uncategorized
Anja in haar kamer

Anja in haar kamer



Tik Tok
Maart 23, 2009, 9:47 vm
Filed under: Uncategorized

Dankie Oopkop vir die vraag hoe dit gaan met die seun. Dit maak my nou sommer vir ‘n slag ietsie hier tik.

Die outjie (Jacques) is nou 34 weke ver. Hy trap vir ma soos ‘n bicycle en selfs Anja geniet nou sy kapperjolle in die baarmoeder. Persoonlike dink ek hy raak nou effe gatvol van die min spasie. Want al weet hy nie van beter nie, min spasie is min spasie.

Laas toe ons gaan loer het, het hy skraps onder die 2kg geweeg. Nou is dit net volstoom tot einde April vir die groot dag. Soos my geluk dit het is my motorfiets leerlinglisensie dag op Donderdag 23 April. Daar is ook ‘n sterk moontlikheid dat hy sy opwagting sal maak rondom daardie tyd. Dit bring onsmaaklike herinneringe terug van Anja se geboorte en die Finrek eksamen.

Sy klerekas kom mooi aan. Lekker warm snoesige vollyf jurkies en wessies om sy klein lyfie lekker warm te hou (nog a “lesson learned” met Anja).

Ek erken ruiterlik dat dit sal lekker wees as ma nie meer hoef rond te sukkel met haar mega boep nie. Ek mis my vrou op ‘n manier anders as net samesyn.

Gaan loer op www.gormendizer.co.za na die die baba video! Uitstekend. Onse Anja is die pragpoppie op die grond met die konfyt en selle poppie op die strand.

Ek sĂȘ altyd, daar is iets lekkers as jou kind die vertrek inkom en jy herken daardie gesiggie. Dis jou kind daai! En ek is SO baie lief vir haar. Kan nie wag vir boetie kind nie!