RSS

POTENSIAAL

28 Nov

Vasgevang
In n hok van selfverwyte
en n verweerde selfbeeld
al die potensiaal in die wereld
maar fokol om daarvoor te wys
‘n handvol talente en vernuf
en vir jou is dit
eintlik nes n handvol sente in n beursie

Die hok druk jou vas
En jy sien die wêreld aanbeweeg daar buite
en jy wil deelneem
Maar jy sit in die hok
en bejammer jouself
en hoop iemand sal jou daar kom uithelp

Niemand sal kom nie
Jy sal maar self die hand moet uitsteek
en die deksel oopmaak
en uitklim
Anders gaan jy net daar bly
en maar altyd net droom
oor die handvol sente
in jou beursie

 
2 Comments

Bygedra deur op November 28, 2011 in Gedigte

 

2 Responses to POTENSIAAL

  1. Johan Swarts

    December 2, 2011 at 8:13 vm

    Sjô…

     

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
Follow

Get every new post delivered to your Inbox.