RSS

Waansin

06 Dec

(vir JP Kruger, Pieter Coetzee en Pieter Coetzee jr)

‘n Vriend, ‘n Seun en ‘n Pa
Al drie oppad
om hul Here
te aanbid
‘n Oomblik van waansin
en geheim
en metaal en vlees skei
en brand
en lewens verwoes
Die kring, soos in ‘n dam
as die klip hard kners
kring vinnig wyer
en Ma, en Ouma, en Vrou
Sonder keuse
gedompel in rou
En ‘n Ma keer, en wonder
oor haar seun se waansin
en die media spekuleer
en die omstanders vloek
maar sonder idee
Kan ons die media, polisie
of die bostelegraaf glo
of vertou
En dan Here, waar die Vriend en die Pa
nou persoonlik hulle gebed na U bring
keer tog dat die kring
nie nog hartseer en haat
na die nasie bring…

 
4 Comments

Bygedra deur op December 6, 2011 in Gedigte

 

4 Responses to Waansin

  1. Roer

    December 7, 2011 at 6:02 nm

    Ek onthou hierdie ongeluk met die Hummer (as dit dieselfde een is waarvan jy praat). Wat het van die bestuurder geword?

     
  2. Jakie

    December 8, 2011 at 8:24 vm

    Ja dis net daardie insident.

    Daar was hope spekulasie. Dan was die ou in Zim, dan nie. Dan was dit hy, dan was dit sy broer. Dan het die polisie geen idee nie, dan weer. Eers weet sy ma niks, dan weet sy hy is in Zim, dan kom dit uit hy was nooit in Zim nie, hy was bang.

    Ek dink hy het homself oorgegee, maar ek weet nie wat die nadraai is nie.

     
  3. Jakie

    December 13, 2011 at 9:10 vm

    Dankie vir die link.

    Die bol is nou aan die rol…

     

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
Follow

Get every new post delivered to your Inbox.