RSS

Potensiaal 2

13 Dec

Ek het onlags by ‘n webgroep (woordpaljas) aangesluit waar ek meer blootstelling kan kry in die kuns van dig. My vorige poging van Potensiaal het positiewe kommentaar gelok, maar ek is aangemoedig om meer visueel te skryf en minder vertellend. Hier is dus weergawe twee. Gaan vergelyk dit gerus met weergawe een. Julle kommentaar sal hoog op prys gestel word!

Gevangene
agter tralies van verwyte.
Geboei deur my onvermoë
om die vryvlug van potensiaal
te geniet, te verken.
Alles aan my toevertrou
het agter gebly.
‘n Handvol sente, in ‘n verlore beursie.

Klankloos roep ek
sal my noodkreet tog nie
die tralies en boeie deurdring,
die spoor van noodlot swaai
en my bevry nie?

Maar klipore het harde harte
en potensiaal dien sy eie meester.
Buig oop jou tralies
en breek jou boeie

Smalend staar ek die handvol sente
in my beursie aan
die koggelkreet van die sente
vervang met die soet oorwinning
van vry wees

 
Leave a comment

Bygedra deur op December 13, 2011 in Gedigte

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
Follow

Get every new post delivered to your Inbox.