Jacques van Zyl se blok?


Anja – 2 jaar 4 maande
Maart 23, 2009, 9:54 vm
Filed under: Uncategorized
Anja in haar kamer

Anja in haar kamer



Tik Tok
Maart 23, 2009, 9:47 vm
Filed under: Uncategorized

Dankie Oopkop vir die vraag hoe dit gaan met die seun. Dit maak my nou sommer vir ‘n slag ietsie hier tik.

Die outjie (Jacques) is nou 34 weke ver. Hy trap vir ma soos ‘n bicycle en selfs Anja geniet nou sy kapperjolle in die baarmoeder. Persoonlike dink ek hy raak nou effe gatvol van die min spasie. Want al weet hy nie van beter nie, min spasie is min spasie.

Laas toe ons gaan loer het, het hy skraps onder die 2kg geweeg. Nou is dit net volstoom tot einde April vir die groot dag. Soos my geluk dit het is my motorfiets leerlinglisensie dag op Donderdag 23 April. Daar is ook ‘n sterk moontlikheid dat hy sy opwagting sal maak rondom daardie tyd. Dit bring onsmaaklike herinneringe terug van Anja se geboorte en die Finrek eksamen.

Sy klerekas kom mooi aan. Lekker warm snoesige vollyf jurkies en wessies om sy klein lyfie lekker warm te hou (nog a “lesson learned” met Anja).

Ek erken ruiterlik dat dit sal lekker wees as ma nie meer hoef rond te sukkel met haar mega boep nie. Ek mis my vrou op ‘n manier anders as net samesyn.

Gaan loer op www.gormendizer.co.za na die die baba video! Uitstekend. Onse Anja is die pragpoppie op die grond met die konfyt en selle poppie op die strand.

Ek sê altyd, daar is iets lekkers as jou kind die vertrek inkom en jy herken daardie gesiggie. Dis jou kind daai! En ek is SO baie lief vir haar. Kan nie wag vir boetie kind nie!



Godzilla en ander traumas
September 10, 2008, 2:49 nm
Filed under: Uncategorized

Verlede week was dit chaos in St Helenabaai. Want vir die kalm Sandy Point hawe is branders selfs ‘n vreemdheid. Maar verlede week het daar ‘n vreemde ding aan wal gegaan. ‘n Tsunami. Kan jy dit glo. Hier waar jy nie eens kan bodyboard nie. Wragtag ‘n tsunami.

Darem nie van daai wat huise en mense wegvat nie. Maar steeds genoeg om die nuus te haal en om die hawe te oorstroom.

Maar toe almal dink dis seker dit, toe waai hier ‘n storm wind wat nogal skade ook aangerig het. Hier is ‘n foto wat ek vandag geneem het van die visfabriek waar mense hulle snoeke kan vlek.

Iemand het skertsend kwytgeraak dat Godzilla hier deur was. Lettelik…

Alle grappies eers opsy, daar is mense wat skade beleef het en dit is nartuurlik nooit snaaks nie.  Wys jou net dat jy nie kan se dat daar niks aangaan in St Helenabaai nie!

Godzilla trap gat in roldeur

Godzilla trap gat in roldeur



Kleinie my kind
September 10, 2008, 7:59 vm
Filed under: Uncategorized

Waar in die wereld is Jakie?

Eks nogsteeds ‘n rekenmeester met ‘ n vrou en ‘n kind. Ek werk nogsteeds in St Helenabaai by tye en is nogsteeds lief vir die Here (en dit is my behoud).

Ek wonder nogsteeds oor die lewe en oor lofprysing en oor die ekonomie. Ek het wel lui geraak om te blog en dus stil geraak oor die kuburruimte wat WordPress aan betref. Ek was egter meer aktief by ons rekenaar vliegklub se forum (flightonline.co.za). Ek het intussen my lankverlore liefde vir Die Voortrekkers gevind en weer daar betrokke geraak.

Anja word die 5de Oktober 2 jaar oud en sy is te pragtig. Ek beleef haar al meer en meer veral nou dat sy ook lekker begin praat. Sy kan al kort gesprekkies voer en saam tel en Hansie Slim saam sing. Sy hou van klavier speel en saam met pappa winkel toe gaan. Sy groet al die tannies by die kasregisters en weet dat “jy eers die nanna vir die tannie gee, dan betaal jy die tannie dan gee die tannie die nanna terug”.

MAAR dit is nie die grootste nuus nie…

Na ‘n hele jaar se vra by die Here dat ons gesin vergroot word, gaan ons gesin nou vergroot word. Ja, ons is 6 weke swanger en sal oor twee weke ons eerste kykie kry van Kleinie.

Dis wonderlik hoe die Here regtig beter geweet het (hoe sou ek ooit daaraan kon twyfel), want finansieel was ons in ‘n BAIE slegte plek. Maar ek wil amper se met die uitkoms het ook die aankoms bekend geword. Dankie Here!

My voorneme is om weer aktief hier te blog oor dinge. Meestal natuurlik oor Kleinie se vordering en updates oor Anja en allerlei ander sake.



Vrouens
Januarie 28, 2008, 11:35 vm
Filed under: Uncategorized

Dimps en Anja

Nee, hierdie is nie ‘n post waar ek my simplistiese sienings oor vrouens kom uitspoeg nie. Hierdie ‘n trotsgepubliseerde foto van die twee mense vir wie ek die liefste is in die hele wereld het.

Anja (ons babatjie) en Annelize (my vroutjielief) – klink die foto vir ‘n groter weergawe



Anja – pampoentjies
Januarie 28, 2008, 11:13 vm
Filed under: Uncategorized

Sondagoggend word ons wakker met Anja tussen ons in die bed. Sy het erens gedurende die nag kniesterig geraak en so ons besluit om haar te akkomodeer in ons kooi.

Als was nog rustig en gelukkig toe Anja ewe skielik begin huil en vreeslik hartseer raak oor ‘n saak. Ons kon eers nie lekker verstaan wat dan die probleem kan wees nie – totdat ma die geswelde linker kies opmerk.

Ek bel die pediater (Dr Jaqui Batt :-) ) en vind toe uit dat dit of ‘n keelinfeksie met ‘n ‘n gewelde klier is of pampoentjies. Die interessantheid is dat sy net 15 dae gelede haar MMR (mumps, measels & robella) insuiting gehad het. Was dit dus ‘n reaksie daarop? Of het sy die gogga erens gekry?

Vanoggend is ma met kindjie na die dokter toe – bevestig: dis pampoentjies!

 Maar dit lyk my sy’s reeds oor die ergste. Nog ‘n episode in die lewe van ouerwees…



Anja en die stywe drolletjie
November 27, 2007, 11:36 vm
Filed under: Uncategorized

(waarskuwing – die post bevat die woord drol en verwante bietjies te veel dalk en daar is ook ‘n foto van een heel onder!

Anja het ‘n slegte maagaandoening opgedoen verlede week. Dit het begin met haar wat elke bietjie kos wat sy eet weer opbring. Na baie sukkel en wonder moes ons haar maar pediater toe neem.

 Daar verneem ons toe dat sy ‘n baie ongelukkige sameloop van omstandighede beleef: seerkeel, seer ore, seer tandvleisies, en nou seer magie. Die pediater laat toe weet dat haar seer keel maak dat sy sukkel om te eet. Ons moes meds koop vir die seer keel, vir slym, vir hoes en vir naar.

Die probleem het egter ‘n stappie erger geraak toe die eerste slap doek sy verskyning begin maak. Nou kon Anja eet en sy raak nie meer naar nie, maar sy maak net waterblertsies. Niks meer melkies vir haar nie!!

Die naweek was die piek van die probleem waar ons ‘n nuwe doek aansit en 2 minute later blerts sy die suur waterpoefies. Dan is dit weer afhaal, skoonmaak en nuwe doek aansit – BLERTS – weer doek afhaal, skoonmaak en nuwe doek aansit….

 Die uitdaging was toe nog nie genoeg nie, want van al die suur doeke en boude skoonmaak het haar boudjies begin seer raak. Nou kon ons nie meer dit afvee sonder dat Anja regtig baie eina het nie. Pappa moes toe maar apteek toe (met die morele ondersteuning van Johan) om vir salfies te vra. Daar kry ons toe die wondermiddel vir brandboudjies. Ek kan getuig dat saam met Telament drops dit die wonderlikste ding is. Anja het letterlik ‘n sug van verligting geslaak toe daai salfies die boudjies tref.

Op daardie stadium het ek al letterlik begin bid dat Anja net asb een stywe drollie moes maak. Net sodat die maagwerkings oor kan wees.

En gister toe kry ek die MMS…. Anja het ‘n stywe drollie gemaak!!!! Ek was nog nooit in my lewe SO bly oor ‘n stywe drolletjie nie. En ek sal nooit weer ontvrede wees oor Anja se normale doeke nie. Want ek weet nou hoe sleg dit kan raak. En natuurlik kan Anja nou weer sonder seer verder gaan.

Hierdie episode was weer ‘n eerste in die konstante leerskool van kinders he. Dis nie maklik nie en mamma en pappa moet maar soms baie hard tong byt om nie opstandig te raak nie. Die huis kry so ‘n donker wolk oor hom en niks is lekker nie. Aldus kinders en maagaandoenings…

Hier is die prettige piekie van Anja se gesonde drolletjie

Stywe drol



Anja en die klavier
Oktober 29, 2007, 9:40 vm
Filed under: Uncategorized

Lank gelede het ek genoem dat Anja baie daarvan hou om op die klavier te tokkel.

Ek het uiteindelik daarin geslaag om ‘n unieke optrede op video vas te lê. Die video is bietjie donker. Kyk maar fyn en luister mooi.

Geniet dit!



Anja en die blokfluit
Oktober 25, 2007, 8:50 vm
Filed under: Uncategorized

 Hier is ‘n video van Anja wat ‘n blokfluit leer ken…



Anja – 1 jaar…
Oktober 25, 2007, 7:27 vm
Filed under: Uncategorized

Anja het ie 5de Oktober een jaar oud geword! Ja dis reg. Dis nou ‘n hele jaar later nadat ons daardie LAAAANGE dag by die hospitaal deurgebring het en eers laat aand vir Anja in ontvangs geneem het.

 Dit is besonders hoe baie mens ‘n eenjarige kindjie al is. Ek was onder die indruk dat hulle nog redelik baba is. Maar moenie glo nie. Onse Anja is nou ‘n peuter. Moet dit tog nie verkeerd dink nie!

Anja was so bietjie BAIE siek oor haar versjaarsdag en aangesien kindertjies die geneigdheid het om mekaar aan te steek (synde die deel van koekies, dummies en bottels) kon ons nie haar beplande partytjie die Saterdag van die 6de he nie. Dit sou moes uitgestel word.

 Hier is Anja op haar verjaarsdag

Anja en haar klouterhuisie

Gevolglik het ons maar daardie aand die oumas en oupas en ooms en tannies laat kom om die groot event te deel en dan die partytjie die volgende week te hou.

Dit het Anja laat dink dat sy dalk voortaan ELKE naweek gaan verjaar. Wat haar seker nog meer dit laat dink het is dat ek die naweek van die 20ste verjaar het (ja, op die wereldbeker eindstryd – dankie vir daai prezzie bokke!!). So dis bevestig – Anja verjaar ELKE naweek van nou af!!…

Hier is ‘n foto van ons gesinnetjie by die partytjie.

Mamma, Pappa en Anja

Veels geluk liewe Anja, omdat jy verjaar. Mag die Here jou seen en nog baie jare spaar….EEN….