RSS

Wattage of “Whats up band” ??!!

28 Jul

Wattage - coverAhhh, Johan se comment op die vorige post oor Wattage laat my kwylkolletjies maak oor goeie tye. Wattage het bestaan uit ‘n kwynende aantal lede. Die begintal was 5 begaafte musiekante synde Carla, Marsanne, Pierre, Johan en ek natuurlik. Carla het ons eerste verlaat. Marsanne was volgende. Ek reken ons ouens het nie genoegsame styl aan die dag gelê nie?? Pierre op dromme (enige band wat ‘n drummer soek – hierdie ou is die onontdekte 8ste wonder van die wereld!), Johan op elektrise kitaar en ek op ritmekitaar en vocals.

 Ons het een onafhanklike CD uitgebring met die CD cover soos hierbo getoon. Krismis in 2004 was ‘n onmiddelike treffer. Elke bandlid het een gekry vir kersfees. Terloops, die CD is beskikbaar teen die afslagprys van R20. Naarpille nie ingesluit! Ag sies. Daar is darem ‘n snit of 5 op waarna mens regtig KAN luister. Soos bv Kopman. Kopman kan hier geluister word! Dit is ‘n timeless classic en sal vir dekades nog geniet word deur…my en Johan!!

 Die band het ontbind einde 2004 weens studie/familieverpligtinge (my vrou verbied my nogsteeds om na die Wattage CD te luister). :-/

Lank lewe Wattage!

 
4 Kommentaar

Posted by op Julie 28, 2006 in Uncategorized

 

4 responses to “Wattage of “Whats up band” ??!!

  1. amanda

    Julie 28, 2006 at 11:05 vm

    Hi Jakie, noudat ek kan comment gaan jy nie ontslae raak van my nie. Jy moet my emails wat jy ELKE dag vir my gan stuur (sodat ek nie uitgesluit voel nie)stuur na:dutoitd@polka.co.za. Dis die mail by huis. Love jou blok!! tata

     
  2. jakie

    Julie 28, 2006 at 11:10 vm

    Daarsy. Welkom by die blok. As ek sou vergeet om jou te email, hier is waar jy my kan uitskel😮

     
  3. Cobus

    Julie 31, 2006 at 11:42 vm

    Hallo Maaitjie,
    Knap gedaan met hierdie blok. Hoop om eersdaags biedjie meer foto’s van die aankomende familie te sien. Ons is terloops weer due vir ‘n pizza en DVD, so laat weet maar.

    Cheers vir eers – CB.

     
  4. Jacques

    Julie 31, 2006 at 1:04 nm

    Hou die space dop vir famile fotos. Pizza en DVD’s klink baie lekker! Sal jou email

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: