RSS

Die Mummy!

31 Jul

Die Mummy is ‘n ou EKO kitaar. Dis gemaak in Italie een of ander eeu in die vorige lewe. Die maatskappy het intussen Die Mummygevou en ‘n ou in Engeland het al die spares oorgekoop. Hulle maak nou Eko’s in Engeland😐 Anyways, die kitaar het my oupa 10 teen 1 by ‘n ou gekoop lank gelede wat moontlik geld nodog gehad het. Die ding beland toe in my tannie se motorhuis.

 Ek het tehore gekom van die “ou” kitaar wat le en verniel raak in haar garage. Name soos “Gibson” en “Fender” het onmiddelik deur my kop geflits. Skaamteloos het ek gaan “kuier” by die tannie om die kitaar te gaan besigtig. Dit was toe nie ‘n Fender of ‘n Gibson nie…maar wel die Mummy. Die tannie het goedhartig besluit om die kitaar aan my te skenk aangesien ek wel actually kan kitaar speel. Ek neem die Mummy toe met groot dankbaarheid en begin dadelik met restorasie werk.

 Nuwe snare (Ernie Ball Slinkies- net die beste vir die Mummy!), lead, machine heads en Fender volume knoppies! Ja, soos ek gese het, net die beste vir die Mummy! Die kitaar het silwer fretplates. Verbeel jou dit. Maar die goed as al so uitgespeel dat al effek wat jy op die kitaar kry, is ‘n fret buzz. Ook skep die kitaar se oenkynlike tekort aan funksionele earthing ‘n sagte hum oor die klankversterker. Nie te min, die Mummy het vir ‘n goeie jaar die gemeente bedien in die samesang by ons aanddienste. Die Mummy is nou vervang met my Yamaha APX-6. Nog nie ‘n Gibson of ‘n Fender nie, maar darem al nader.

Let op onder die Mummy is Marshall en die Yamaha overdrive pedal….maar dis eers ‘n ander storie.

 Die foto is bietjies klein

 
4 Kommentaar

Posted by op Julie 31, 2006 in Uncategorized

 

4 responses to “Die Mummy!

  1. Johan Swarts

    Julie 31, 2006 at 11:32 vm

    Heehee…ek het ‘n goeie paar maande met daai overdrive pedaltjie deurgebring destyds. Dalk moet ek dit weer by jou kom leen; ek wonder juis hoe ek ‘n meer mellow sound kan kry vir Eugene’s Trickbag.

     
  2. Jacques

    Julie 31, 2006 at 1:05 nm

    Jy kan maar leen. Dit werk nie so lekker vir Accoustics nie…:-/

     
  3. Johan Swarts

    Julie 31, 2006 at 8:46 nm

    [huppel opgewonde rond soos ‘n dogtertjie voor kersfees]

     
  4. Jacques

    Julie 31, 2006 at 9:33 nm

    hehe…ek dink ek moet tog die Yamaha pedal feature op die blok…hou die kol dop vir meer…

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: