RSS

Wat dan nou?

08 Aug

SkaamteloosEk vra om verskoning vir my vorige post. Die skaamtelose cut en paste van teksgedeeltes is heeltemal on…iest (slim mense, plaas slim woord hier). Ten minste dit in my eie woorde sou beter wees. Die boodskap is egter eg en suiwer en daarvoor maak ek geen verskoning nie. Dus, indien jy dit gelees het en iets daaruit geleer het, is dit dus die ewigheids wysheid van God wat Hy in die skrif laat opteken het, en dus die Gees, wat jou iets meer wysgemaak het wat jy dalk nie besef het nie.

 Johan Els van Bellville-Wes gemeente het die teks (onderandere) met ons gedeel tydens sy oggenprediking. Dit het baie byval gevind by my en ook tydens my en my vrou se aandbeBybeling het dit weer aan my breinlobbe geklop vir “innings”. En dan aangesien ek geen inspirasie vir die blok gehad het nie, was die goeie ou cut en paste my redding vir die dag.

Ek en Annelize het WEER begin om ‘n sinvolle “langtermyn” Bybelstudiepoging aan die gang te sit. Verlede jaar het ons die oulike en ernstig pitkostelike “40 Dae vir ‘n doelgerigte lewe” aangeskaf. Ons was egter nie so suksesvol soos by “Beleef God” waar ons darem die tweede week gehaal het nie, want ons het letterlik net dag twee klaargemaak….en dit was dit.

Wat is dan nou anders? Annelize is nou by die huis en baie duidelik het daar weer ‘n ernstige behoefte in haar hart gegroei om, wel, geestelik te groei. Haar initiatief het veroorsaak dat ons vannaand nou weereens dag twee gaan beleef. Ek erken graag dat sy eintlik die bybelstudie lei en ek dit baie geniet. My job is om daagliks ‘n werkblad te skep met al die betrokke teksgedeeltes vir die dag asook spasie vir notas. Ons besprekings tydens die lees van die materiaal is voorwaar vars.

Ek mag dalk voortaan uitreksels van ons notas hier post.

(‘n Pel het nou net vir my ge-sms om  die heildronk op sy troue te hanteer. Dis nou ‘n gawe gedagte…)

 
2 Kommentaar

Posted by op Augustus 8, 2006 in Uncategorized

 

2 responses to “Wat dan nou?

  1. Johan Swarts

    Augustus 8, 2006 at 7:19 nm

    Heil die dronkaard…

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: