RSS

Genoeg van als

17 Aug

Heng, time flies when you’re having fun. Sommer ‘n hele klompie dae het verby gegaan sedert my vorige post. Maar heelaas… Dankie dat jy konstant kom inloer het om dieselfde post van laas te bekyk. Dit getuig van uithou vermoe, nuuskierigheid en duidelik ‘n bietjie vrye tyd. Laasgenoemde plaas jou natuurlik in die top 1% mees bevooregste mense in die wereld!

Ek dink nogal nou die dag op die N1: Almal is eintlik stunt drivers. Het jy al opgelet hoe gesinkroniseerd almal teen 100+ km/h van baan verander, vleg en net net mis ook. Dis voorwaar besonders. Ek wou ietsie daarvan op my foon vasle om hier te vertoon, maar besef toe self dat ek in die sloot kan beland terwyl ek met die die ding sukkel. Dit sou nogal ‘n indrukwekkende (en duur) post gewees het.

Baba-sake: Ma se sakkie is gepak. Jy sal onthou van ‘n vorige post dat “die sakkie” ‘n saak van prioriteit is. Dis gedoen. Pantoffels, jamies, onnies en ‘n paar anderhede waaroor ek nie gemaklik is om oor te gesels nie. Die tyd kom nou nader en ek raak al meer deurmekaar met almal se “nou is jou lewe verby” en “jy sal maar nou moet slaap inhaal” en sulke hede. Niemand deel egter van “ai daai gesiggie as jy haar die eerste keer sien” of “dis die mooiste ding ooit” of so iets nie. Suffer in jou kanon in lyk my is die orde van die dag. Ek wonder of God ook vaderskap so beleef???

Dagstuk-sake: Ons vorder mooi. Dag 9 is afgehandel. Gister egter het dag 10 vir my in die hek geduik aangesien ek en St Helenabaai trips nie goeie lielfdes driehoeke met dagstukkies maak nie, veral nie as ek huistoe kom nie. Ons vorder egter mooi en ek leer baie baie baie.

Baba-sake: Baie beslis top topic in my lewe nou dus geniet dit weer aandag. Vanoggend het ek beleef hoe baie die kind al gegroei het die afgelope 34 weke. Sy “respond” al te mooi op vryfies en tikkies. Dis baie lekker. Vanoggend het ek bietjie toneel gespeel deur te maak of sy wakker word en ek dan haar in haar kot gaan ontmoet, toevou in haar warm bersie en sitkamer toe dra. Lees oor 2 maande weer hier of dit so afgaan!

Nous ek moeg getik. Ek moet iets oorhou vir more ook. Mooi dag.

 
1 Kommentaar

Posted by op Augustus 17, 2006 in Uncategorized

 

One response to “Genoeg van als

  1. Oukoos

    Augustus 19, 2006 at 6:41 nm

    Moenie steur aan die opmerkings wat “bangpraat” nie. Die totale pakkie bly positief. Vertel julle-self dis bloot die volgende bladsy wat omblaai in ‘n dik boek. ‘n Boek wat soms moeilik lees, jy voel jy te moeg is om te lees , en tog nie regtig wil neersit nie!! Eendag as jy verjaar(en besig is om kronologies ouer te word) – kom kuier sy en maak jou dag net nog mooier!!

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: