RSS

Nog ‘n loer

22 Aug

MoegVandag gaan ons weer vir Anja in haar donker plekkie beloer. Ek sal beslis ‘n prentjie of twee van haar hier vertoon met die volgende post. Ons het agtergekom dat sy beslis ‘n voorliefde vir kitaarmusiek ontwikkel het aangesien sy heerlik aant woel gaan met die aanhoor daarvan. Dit laat natuurlik vir pa baie goed voel, want nou het hy ‘n fan. Ons sal maar eersdaags vir haar ‘n klein kitaartjie aanskaf en dit op haar muur hang…vir inspirasie natuurlik.

 Ek moet seker nie geskok wees as ons dogter eendag agv die aksie ‘n rocker chic met vreemde haarstyle raak nie. Mens sou seker kon se ek het gesoek daarvoor. Maar dan speel ons nie juis rocker chic musiek in die huis nie. Dus kan sy ook uitdraai om die volgende sensasie in klassieke kitaar te wees. Of sy kan natuurlik SO gatvol van kitaar raak, dat sy dit afsweer en verbrand en nooit weer musiek maak nie. Ons sal maar sien.

Die boek oor babas en swangerskap se dat die kleine nou omtrent 2 -2.5kg moet weeg. Dis nogal baie mens. Hulle se ook as sy nou gebore word, behoort daar geen probleme te wees nie. Dis nogal ‘n oulike stelling, want dit beteken dat sy nou enige tyd “verwag” kan word.

Intussen is my studies soos ‘n ou wat oor ‘n rivier sukkel en op klippe loop. En dan struikel en desperaar probeer raak trap. My lus vir leer is weg en ek vrees vir die ergste. My lyf beleef dus radikale teenpole: Opgewonde eersteling-pa en desperate fight for survival student. Nie juis dat my toetspunte enige troos inhou nie. Twee van my vakke is sinoniem met 911.

Ons sal maar sien. Die ding wat my die meeste onderkry is dat ek so baie dinge laat staan het ten einde die soeke na meer te explore, en indien dinge bietjie suid draai, was dit oenskynlik verniet. Of dalk nie…

 
Lewer kommentaar

Posted by op Augustus 22, 2006 in Uncategorized

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: