RSS

Die wind en ek

08 Sep

Ek ry nou die dag St Helenabaai toe. Die hele Weskus is so groen dat dit omtrent soos Ingeland lyk. Nie dat ek al ooit daar was nie, maar ek kan my indink. Ook vreemde weer deesdae. Dis warm, maar effe bewolk. Nie reen wolke nie. Net so vaal en ver.

In St Helens was die water so glad soos jy jou nie kan indink nie. Tog mooi. Later die dag met hoogwater het dit omtrent gelyk of die water kook. Maar as jy St Helenabaai ken, dan weet jy daar is GEEN branders nie. Ek dink die water in die Malawi meer is woester as daar.

Oppad soentoe sien ek die gerwe staan en so waar as waar lyk die goete nes die grasagtige prentjie hierbo. Wit stammetjie en groen halmpie. Te mooi. Ek waag my my lewe met ‘n drive by shooting met my mobile kamera. Kyk dan net die foto…Die lande

St Helens is egter nie juis die blomme aantreklikheids mecca van die Weskus nie. Daar is net twee soorte blomme. Wittes en geeles. Ek reken die res het hulle goed gepak en geloop weens oormatige wind en stank. Stank? Ja, want die plek het nie net een nie, maar drie volstoom stink kwadraat vismeelfabrieke. Een by Slippersbaai, een in Sandy Point hawe en een in Stompneusbaai. Niemand is veilig nie.

Gelukkig is die mens aanpasbaar. Na ‘n tyd raak jou brein se sintuiglikheid verniel dat jy niks meer ruik nie. Ok, dis ‘n vet leun, maar at least raak jy nie meer naar nie…

 
Lewer kommentaar

Posted by op September 8, 2006 in Uncategorized

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: