RSS

Titanic

13 Sep

Titanic 27/07/06‘n Paar jaar gelede het Hachette ‘n projek Titanic bekend gestel waartydens jy ‘n model van hout kon bou van die Titanic. Die ding sou oor 100 weeklikse uitgawes bestaan wat elk R50 kos. Elke week draf jy af CNA toe, gaan koop jou stukkie vir die week en neem dit huis toe vir konstruksie.

Na ‘n paar weke begin die projek agter raak. Die vrou soek aandag, werk, huisonderhoud, ouers, skoon ouers. Alles anti model bou elemente. Tog koop ek voort en na twee jaar besit ek al die dele…

Dit was twee jaar gelede.

Ek trek nou by week 50. Die Titanic lyk darem nou al soos die Titanic. Die uitdaging is natuurlik nou die moeder van ALLE anti model elemente…. ANJA. Die klein mensie sal natuurlik die meeste van my tyd in beslag neem naas huisonderhoud en die vrou.

Dis lekker om terug te dink oor wat al alles gebeur sedert daardie eerste magiese dag wat ek Part 1 of 100 gaan koop het. Ek het my werk verloor, getrek van een woonstel na ‘n ander, ‘n nuwe werk gekry, die woonstel verloor, by my skoonouers ingetrek in ‘n 3×3 kamer. Al ons tuff was in my ma se garage gestoor vir 2 maande. Ons het ‘n huis gekoop, ingetrek, geverf, aangebou, swanger geraak en gaan eersdaags die baba ontvang. Wow, so baie herinneringe aan een stuk gelapte stukkies hout.

Die boot sal beslis ‘n erfstuk moet raak met ‘n boek by van die geskiedenis wat daarmee saamgaan…

 
2 Kommentaar

Posted by op September 13, 2006 in Uncategorized

 

2 responses to “Titanic

  1. Johan Swarts

    September 13, 2006 at 2:57 nm

    Modelskepies is natuurlik ook die moeder van alle anti-baba elemente. (Mits iets nie behoorlik vasgegom is nie.)

     
  2. jakie

    September 14, 2006 at 9:44 nm

    Laat dit bekend wees dat geen gom baba bestand is nie. Ek sou verkies dat Anja NIE daardie teorie toets nie

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: