RSS

Snoekbraai op kromdraai…

14 Sep

SnoekEk het verlede Sondag snoek gebraai. Dit was ‘n klein snoekie, maar nie te min lekker. Een van die perks van by ‘n visfabriek werk is so ‘n af en toe vismeevallertjie.

Dankie tog die ding is reeds gevlek. Mooi skoon, lig gesout en ready to go!

EK het ‘n hele sak rooikrans opgebrand om seker te maak ek het genoeg kole. Na die hittetjie lekker reg is plaas ek die snoekie velkant eerste op die rooster. Hmmm. Hy simmereer sommer dadelik. Smeer so bietjie gesmelte botter en knoffel gemeng met ‘n bietjie gemmer so oor die vissie vir ekstra smaak. Instussen het my vrou en haar sus ‘n potbrood in die oond aan mekaar geslaan.

Mens kan sien hoe die visvleis witter word van onder af soos die gaarheid hom deur werk. As die vis so 3/4 deur gaar is, draai die snoek op sy vleiskant. Laat hom nou nog braai.

Na ‘n kleine rukkie is dit ‘n goeie tyd om te begin peusel en proe of die vissie reg is.

Ons het die snoek bedien met ‘n heerlike tamatie smoortjie (my idee) en potbrood.

Vingerleklekker!!! – en eks nie eens mal oor vis nie

 
1 Kommentaar

Posted by op September 14, 2006 in Uncategorized

 

One response to “Snoekbraai op kromdraai…

  1. Johan Swarts

    September 16, 2006 at 9:45 nm

    Vis r0x0rz

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: