RSS

Hoeveel hande het jy??

18 Sep

WerkHeng, om ‘n huis te he is crap baie werk. Soos ek nou hier in my bed sit terwyl my vrou rustig in droomland rond fladder, stapel die jobs gevaarlik hoog in my gedagte gange op. Gedagte gange… net nie dit nie. Dalk is daar ook nog teel en verf werk nodig.

 Gepraat van teel, ek moet nog die braai klaar teel, en grassooie verskuif en inplant…

Die grootste job wat voorle is ‘n gat wat ek moet grawe in ons agtertuin om ‘n swembad in te sit. Dis nou sommer ‘n lekker tydverdryf (iets wat tyd veg werk? – verdryf?) Leer twee ure, grawe gat, leer twee ure, pieppie, grawe gat. Eet…

Verfwerk wat nog nie klaar is nie, want eks nog besig om die koesyne se krake op te vul, die afgelope jaar al. Skaamteloos moet ek ruiterlik erken. Ten minste werk die plumbing onder die kombuis wasbak nou. Wragtag. Dis nou een job wat NOOIT in my lewe sal doen nie. Loodgieter. Ek reken loodgieters giet nie meer lood nie. Hulle… plak pvc… pvcplakkers…hmm

Ons het vandag die oulikste blommetjies geplant. kan jy glo. ‘n Hele bedding vol vir onder R100. Daar is hoop. Pienk vygies, wit vygies, ‘n onbekende boom wat 15cm hoog gaan word, sulke mooi regop oranje blommetjies en dan pienk en pers lapagtige blomme. Ons sal eersdaags ( = na pay day) nog gaan aanskaf.

Een van die kasdeure het nou die dag amper op my vrou se kop geval. Dus, ek moet gaan skroewe koop om die ding weer op sy plek vas te skroef. Dis ook nou al etlike maande over due. Lyk my jobs hier le vir ‘n tydperk van 6 maande voor hulle mature en dan doen ek dit. Of soms beveel die vrou sterk aan dat die prioriteit van die rangorde bietjie skuif, nou ja, dan is dit seker so.

 Tjorts!

 
1 Kommentaar

Posted by op September 18, 2006 in Uncategorized

 

One response to “Hoeveel hande het jy??

  1. Johan Swarts

    September 19, 2006 at 6:43 nm

    As daai Riaan ou ooit bedank, kan jy die nuwe nutsman wees.

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: