RSS

Verloskunde!

20 Sep

Ons raak nou regulars by die genikoloog. Elke maand moes ons opdaag vir ‘n scan en info sessie oor die vrou se swangerskap. Dis eintlik nogal heel oulik. Wanneer jy opdaag (as vrou natuurlik) word daar ‘n klein houertjie aan jou oorhandig waatin jy ‘n ou sample-tjie moet los vir toetse. Dus, verdwyn mamma om die hoek met haar houertjie, en verskyn bietjie later met die sample.

So sit jy maar en lees mags en kyk pics van vorige bevallings tot dit jou beurt is vir “inspeksie”. Dis nou hier waar die lekker goed gebeur. Die dokter gries vir mamma op en dan scan sy die baba deur ma se maag. Ons kan dan lekker kyk hoe baba haar tone trek en tong uitsteek. Dis natuurlik eers redelik ver in die swangerskap. In die early days sien jy net ‘n stofwolkie wat rond warrel. Die dokter wys vir jou allerhande interessanthede oor die baba, waarna jy dan slaafs “ja” antwoord aangesien jy nie regtig weet waarna jy kyk nie…

Die job waar die dokter eintlik die baba uithaal word “verloskunde” genoem. Now I ask you. Dit klink so negatief. “Kry net asb die %^&%$ ding uit my!!!” <—- verloskunde   ‘n Beter benaming kon dalk iets soos “ontnemingkunde” of “ontrekkingskunde” wees. Wat van “downloadkunde”?

Johan – dalk is dit waar “verlos” ons van die bose vandaan kom????

 
5 Kommentaar

Posted by op September 20, 2006 in Uncategorized

 

5 responses to “Verloskunde!

  1. Johan Swarts

    September 21, 2006 at 5:54 nm

    downloadkunde klink nogal cool. want dan kan almal servers wees – servers kom vinnig oor probleme.

     
  2. Cathrine

    September 26, 2006 at 12:01 nm

    BRILLIANT!!!!

     
  3. kubikboy

    September 26, 2006 at 10:07 nm

    is dit n tannie dokter of n oom dokter? ek’t nog altyd gedink daars iets creepy an n man wat so baie van sy tyd sal spandeer aan vroulike anatomie

     
  4. jakie

    September 27, 2006 at 6:11 vm

    Dit is ‘n tannie dokter. My opinie is dat dit beslis ‘n beter deal is as die manne opsie. (jammer aan alle manlike genies) Dit maak net sin. Vrouens weet wat werklik daar binne aangaan, veral as dit by swangerskap kom – en natuurlik die verloskundigheid!

     
  5. amelia

    November 7, 2006 at 10:14 vm

    Magtie Jaak! Jy moet begin skryf! Behalwe dat jy ‘n ongelooflike vroutjie en dogtertjie het is jy (blykbaar) ook ongelooflik!

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: