RSS

Anja – die vlagparade

17 Oct

Leipoldt vlaeBy die Louis Leipoldt Hospitaal in Bellville het hulle ‘n baie oulike tradisie waar die PA in die gesin ‘n vlaggie kan laat wapper met die geboorte van hul baba. Blou vlaggies vir seuntjies en pienk vlaggies vir meisies.

Ek dink dit was die Vrydag (6de), wat ek opgeroep is vir vlagdiens. Die verpleegster prop ‘n vlag in my hand en verwys my na die portier om ons te vergesel na die 3rde vloer. Die 3rde vloer is interessant nogal nie te vind in die hysbak nie, aangesien dit ‘n stoor en parkeer area is. Dis net toeganklik via ‘n trap. Op die foto kan jy sien daar is drie vlae. Die heel regterkant se vlag is Anja s’n. Die middel vlag was ‘n man (mnr Pillay) wie se dogter daardie oggen gebore is. Sy was net 2kg by geboorte!

Die blou vlag was ‘n Mnr Smith se laaitie. Dit was nogal ‘n lekker oomblik om die vlaggie te vertoon en dan elke keer as ek by die hospitaal aankom die vlaggie te sien en weet dis vir MY dogtertjie !!

Anja gaan goed aan. Sy drink mooi gereeld en raak sommer so aan die slaap by die versorging van haar ma. Huidiglik suie sy so elke 3-4 ure, maar soms is die slaap net te lekker, dan sluimer sy in sommer maklik meer as 4 ure. Die ervare mense se dat wanneer sy eers haar kom kan optel, dis dan wanneer die poppe eers begin dans. Maar ‘n ander kennis het weer gese dat na 6 weke als onder beheer kom. Nou weet ek nie. Ons sal maar sien hoe loop die dinge.

Al wat wel weet, is dat Anja baie nice is met ons deur dat sy regtig net moan as iets problematies is. Vuil doek, honger maag veral!, winde, of wanneer jy haar verklee. Oulik nogal, een van die verpleegsters het haar “kruikie-roer-my-nie” genoem. hehe

 
1 Kommentaar

Posted by op Oktober 17, 2006 in Uncategorized

 

One response to “Anja – die vlagparade

  1. Jakie

    Desember 1, 2011 at 1:58 nm

    In hind sight….

    Nee Jacques. Anja was NET nice terwyl ons in die hospitaal was, want toe ons by die huis stop, letterlik toe ons die huis se deur oop maak en in stap, te verdwyn die “nice”. Sy begin skreeu en skreeu…. en skreeu. En dan begin pa en ma mekaar ook aanvat. Pa probeer diplomaties soek vir raad en ma dink als wat pa kwytraak is enigiets van sleg advies, Ma wat kan kinders versorg nie of Pa wat dit dan mos maar self kan doen as hy beter weet.

    Ek gril sommer as ek daaraan terug dink. Ek verruil dit vir niks!

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: