RSS

Anja – Happy tot Crappy in 3 sekondes

08 Nov

 Anja - happy           Anja - Crappy

Dis wonderlik hoe babas operate – eks elke dag meer en meer verstom.

Die nuutse ding wat my aan die wonder het is hoe kleintjies van baie cute tot erg misluk kan verander in letterlik sekondes. So le Anja op die bed en kyk vir my na sy ontwaak het. Ag te pragtig – ewe engeltjie. Net die volgende oomblik (ek wil amper se so terwyl ek my oge knip) verander sy in ‘n bondeltjie ontevredenheid. Dis gewoonlik daar waar die prosesse in werking skop. Dis soos ‘n pre flight checklist:

Doek, koors, dors, wind, kramp, of dalk net plein moeilik??

Ek moet erken dat die meeste van die tyd die tietie beslis die deurslaggewende troosmiddel is. Op hierdie terein kan pa glad nie help nie. Ek kan maar net toekyk hoe die plesier oor Anja se gesig dans as die melkies begin vloei. Dis te pragtig.

Ons lewe begin (vir ‘n wyle dalk) weer terug keer na iets relatiefs normaal. Ons het dan gisteraand tot 4 uur die oggend geslaap ongesteurd. Ai, dis salig. Dis alles te danke aan ‘n borsvoed guru wat ons bietjie gehelp het met kennis en “enlightenment”. Ek is juis nou nie meer so opgewonde oor die mense wat my vroutjielief moes help by die hospitaal met die bors ding nie. Hulle wou(kon) net nie die tyd afstaan om die nuwe mamma en baba te help om die bors baas te raak nie. Nee wat – dis makliker om te se “die kind kan nie die bors drink nie – gebruik eerder a,b of c” – als kortpaaie natuurlik.

Maar so leer mens.

As jy dalk hier lees en wil meer weet oor ons eertse maand van kennis tov babas, is jy welkom om my te comment. Ek help deel graag wat ek weet. Dis nie ‘n aardse klomp nie, maar steeds meer as ‘n maand gelede.

Terloops, ek het so bietjie teruggelees deur my argiewe en op ‘n post afgekop waar ek genoem het hoe ek “maak” of Anja in haar cot le en ek haar optel en sitkamer toe dra. Ek het gese ek sal laat weet of dit so afgaan. Wel, um, nie heeltemal nie. Die idee destyds was een van slapende baba wat ontwaak en ek haal haar. Die realiteit is skreeuende baba wat absoluut NIKS van pa wil weet nie aangesien net die tietie help.

Sorry pa – gaan sit in die hoek…

 
3 Kommentaar

Posted by op November 8, 2006 in Uncategorized

 

3 responses to “Anja – Happy tot Crappy in 3 sekondes

  1. Johan Swarts

    November 12, 2006 at 5:12 nm

    dis die oulikste gesiggie ooit!

     
  2. Da Mario

    Desember 5, 2006 at 12:40 nm

    Eerste keer dat ek hier lees, baie nice.
    Bly om te sien jy vorder lekker met die kleinding en leer baie vinnig. Jy sal nie glo HOE vinnig mens leer nie, en soms na jare is daar steeds dinge wat jou verbyster. Ek het alreeds vier keer deur daai proses gegaan, en het die laaste keer nogsteeds geleer, want wat jy dalk nie nou besef nie is dat al jou kinders eendag anders gaan wees. Wat werk vir Anja, gaan dalk nie werk vir die volgende ene nie…. bad news indeed!!

    Voorspoed en laat ek geaam wat Johan skryf, sy is baie mooi! Geniet haar!

    Da Mario

     
  3. jakie

    Desember 5, 2006 at 2:05 nm

    Dankie vir jou inloer. Ja nee wat. Die kleinding hou ons omtrent op die tone. Dis wragtag ‘n uitdaging as jy se dat elke mensie niks soos die eerste is nie. Ten minste weet mens wat kom. Hoe om dit te hanteer is ‘n ander saak. Sjoe – baie geluk met jou 4. Jy is voorwaar nou ‘n meester!
    Dankie vir die voorspoed en kom gerus weer kuier

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: