RSS

Anja – Badtyd

19 Jan

20070112004.JPG 

 Badtyd is nogal deesdae ‘n heel gesinkroniseerde proses. Dit word meestal deur ma uitgevoer, maar ek het ook al by geleentheid die aangename taak verrig.

Eers word die water in die bad getap. Gewoonlik deur die een wat nie die bad gaan doen nie. Die een wat wel die bad gaan doen, trek solank vir Anja in die kamer uit met natuurlik ‘n groot gejuig en opgewondenheid oor die geleentheid. Dit is immers een van Anja (en enige baba) se hoogtepunt in die dag. Dan word sy vol brawade badkamer toe gedra.

In die badkamer stop ons eers by die badkassie se spieel en verwonder ons eers vir die mense wat daar woon. Anja is gewoonlik erg opgewonde oor die vriendelike maatjies wat daar wag vir haar. Dan is dit in die bad…

In die bad wag haar baddietjies: Tiertjie, Skapie, Zebratjie, Oliefantjie en Perdjie.

Sy groet elkeen met ‘n slymsoentjie eers en dan is dit skoonmaak. Na afloop van die skoonmaak kom haal die een wat nie bad nie vir Anja met haar badhanddoek (dis nou daai met die kappie in die hoek). Anja kry omtrent nooit die kappie op nie aangsien sy te veel kriewel. Ons stap kamer toe en daar word sy afgedroog, gemasseer met roompies (ek noem dit sommer mesarchies) en gepoeier.

Die foto hierbo is wanneer sy op haar magie gedraai word sodat haar rug ook bietjie poeier kan kry. Op haar maag probeer sy al vorentoe, maar dit werk nog nie so lekker nie. Die pensie is nog bietjies swaar. Dis ok nie lank nie, dan begin sy murmureer oor die gesukkel.  Ons help haar dan weer om, troos haar, trek haar aan, borsel haar hare – en siedaar! ‘n Skoon baba.

En dit is beslis die lekkerste reuk op aarde!!!

 
2 Kommentaar

Posted by op Januarie 19, 2007 in Uncategorized

 

2 responses to “Anja – Badtyd

  1. Tinus Stander

    Januarie 22, 2007 at 4:57 nm

    Ok, nou voel ek oud. Laas toe ons gepraat het, het jy nog fiets gery werk toe. En nou…

    Ek kan nie glo dis nou al 6 jaar wat ek jou laas gesien het nie. En dit, toe ek toevallig op Johan se blog afkom en ‘n foto sien van ene “Jacques van Zyl” se baba… tog sekerlik nie die Jacques van Zyl wat ek ken (of geken het) nie?

    Toe sowaar!

    Maar anyway, ek wens jou en jou gesin baie geluk en seën toe.

    En Hou Koers!

     
  2. Tinus Stander

    Januarie 22, 2007 at 4:59 nm

    OK, my URL het nie so lekker uitgekom in daardie vorige post nie. Hy behoort nou reg te wees.

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: