RSS

Anja – Doop

05 Feb

Hier word Anja in die Naam van die Vader gedoop… 

 Anja is Sondag gedoop! Sy het dit baie geniet en het ewe regop gesit om alles behoorlik in te neem. Die dooprok wat sy aangehad het, was myne by my doop. Daaroor is baie trots. Ook Ma is baie trots, want dis bie die einste doopfond waar sy gedoop is. So dis ‘n hele mooi belewenis.

Die doop is ‘n great geleentheid waar ons babatjies die teken ontvang om ons te help onthou dat God vir ons lief is en dat ons uit genade alleen gered is. Nou kan ek altyd vir Anja aan die hand van die doop laat onthou dat sy altyd spesiaal vir God is. Of dan nou Liewe Jesus, soos ons in ons kleindae geleer is.

Dankie Ds Kobus vir die great doopkategese. Daar is voorwaar baie om te leer en weet oor die doop.

Na die tyd het ons koek en tee geniet by ons huis. Dit was beslis die meeste mense wat op een slag daar was. Die beperkte parkeringsgeriewe was nogal ‘n uitdaging, maar almal het lekker gekuier en gesmul. Anja het so bietjie moeg geraak en die party so bietjie vroeg verlaat vir ‘n uiltjie knip.

 
5 Kommentaar

Posted by op Februarie 5, 2007 in Uncategorized

 

5 responses to “Anja – Doop

  1. Johan Swarts

    Februarie 5, 2007 at 5:20 nm

    ai, ek’s so spyt ek het dit gemis. dankie vir die koek; my pa het ‘n bietjie hier aangebring.

    doop haar weer; dalk het ek dan weer karsleutels😉

     
  2. jakie

    Februarie 6, 2007 at 9:29 vm

    Eks bly jou suster het iets oorgelos vir jou – jou pa het voorwaar goeie beheer toegepas.
    Geen verskoning – jy kon geloop het😉

     
  3. Johan Swarts

    Februarie 7, 2007 at 8:43 vm

    err…

    ek…err…is ‘n…hmm…’n parapleeg?

     
  4. jakie

    Februarie 7, 2007 at 8:48 vm

    Hmmm – in daardie geval – kon jy jou pa se shoprider geleen het!?

     
  5. Johan Swarts

    Februarie 7, 2007 at 5:39 nm

    Bahahahahahaha

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: