RSS

Anja – klavierkapades

08 Mar

Anja tokkel die klavier die eerste keer 

Anja is nou besig met ‘n nuwe stuk opgewondenheid. Ek het haar tydens die foto sessie bekendgestel aan pappa se klavier. Sy het regtig nie lank gevat om agter te kom dat as sy die wit en swart goed slaan, dit ‘n aangename geraas maak nie. Nou begin sy al soos ‘n opwenbaba al slaan terwyl ek haar na die klavier bring in afwagting vir die tingeling.

Bo die klavier staan my model vliegtuigies. Nou kan ek sien hoe sy die goeters baie aandagtig dophou terwyl sy aant tokkel gaan. Duidelik dien dit as ‘n mate van inspirasie. Ek kan dit heeltemal verstaan!

Wat vir my baie mooi is, is hoe sy met elke sessie meer speel en meer die klawers beproef hoog en laag, en links en regs. Die musiek is vir my mooi omdat dit rou en uit ondeurdagte kennis gespeel word. Ek sal beslis ‘n opname van haar unieke meesterstukke maak en hier plaas. Hou die plek met afwagting dop.

Ek is wel bietjie besorg dat haar kleine handjies dalk gaan seerkry, maar sy kap net voort. Later besluit ek maar dat sy eers moet ophou. Sy het die afgelope maand meer tyd op die klavier bestee as ek. Hmpf…

 
7 Kommentaar

Posted by op Maart 8, 2007 in Uncategorized

 

7 responses to “Anja – klavierkapades

  1. Minelli

    Maart 9, 2007 at 10:02 vm

    Die foto’s van Anja is pragtig! Ek is mal oor kinders. Ek wonder of jy nie opnames van Anja se klavieruitvoerings sal kan maak en verkoop as “moderne musiek” soos hulle kinders se gespeel in verf verkoop as “moderne kuns” nie. For that matter verkoop hulle nie deesdae “prente” “geskilder” deur chimpanzees nie?

     
  2. jakie

    Maart 9, 2007 at 10:23 vm

    Haha – dankie. Ek is seker mens kan enigiets deesdae aan mense verkoop. Ek sal maar in elkgeval solank haar “kuns” hier plaas vir almal se genot

     
  3. Minelli

    Maart 9, 2007 at 11:12 vm

    Ek sien nou eers die oulike “slaap” broekie. (praat nou van pa sin) “Go for it!” ” We need support!”
    ha ha!

     
  4. jakie

    Maart 9, 2007 at 11:50 vm

    😐 ermm…wel…um – (bloos)

     
  5. Johan Swarts

    Maart 9, 2007 at 5:03 nm

    lolz0rz

    bra, ek gaan oor ‘n uur die skrywersfees in die HB-thom kyk :))

     
  6. Lize

    Maart 9, 2007 at 9:49 nm

    ‘n Baba so na my hart! Ek hoop sy tokkel voort vir nog vele jare. Hoe mis ek skielik my klavierspeel dae…

     
  7. jakie

    Maart 12, 2007 at 7:53 vm

    Ek sal haar beslis aanhou “expose” totdat sy die klavier afsweer en verbrand!

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: