RSS

Wat dryf jou vere?

12 Mar

Hierdie naweek was ‘n gemiddelde een.

Ek was siek en my vrou het ook siek geraak. EN die ergste natuurlik is dat die kleinding ook bietjie snotterasie opgedoen het. Sy was Vrydagnag omtrent elke 2 ure wakker. Dan het ons maar getroos en so. Saterdag wou ek leer, maar het nie lekker gevoel nie en heng dit was warm. Nou sit ek alweer met die ding wat my ry – JY MOET LEER, JYS AGTER!

Ai, same crap, different day.

Saterdagaand het ou vriende van ons (nie fisiese ou mense nie, net ons ken hulle al lank) by ons kom boereworsrolle maak/eet. Dit was lekker, net ek het te veel geeet. ‘n Seer maag is nie juis ‘n goeie incentive vir lekker eet nie. Sondag het ek behoorlik laag gele en maar met die kleine besig gewees en eintlik min gedoen – nie by leer uitgekom nie (uit keuse).

Die hoogtepunt was egter teen die namiddag toe ons besluit het om uit te ry koppie toe (Tygerkoppie). Daar het ons bietjie die uitsig geniet en net gechat. Ek het ‘n erg behoefte gehad om net bietjie tyd te spend met die vrou – bietjie chill. En dit het ons gedoen. Ons het huis toe gery, ‘n DVD uitgeneem (CLick) en rolletjies gekoop. By die huis het ons almal eers gemaklik geraak – Anja is gebad , ons het gestort en in sweetpakke geklim en kaasrolletjies gemaak.

Na Anja aan die slaap geraak het, het ek en die vrou op die bank gemaklik geraak en DVD gekyk. Dit was ‘n regtige goeie storie en Adam Sandler het nie teleurgestel nie (eks ‘n fan ok). Dit het die spot getref enek het beter omtrent die naweek gevoel.

Hoekom vertel ek dit als? Dalk omdat daar niks beters gebeur het nie. Soms het mens ook tye in jou lewe waar niks gebeur nie. Is dit ‘n slegte ding? Ek weet nie. Ons het stukkies van die Argus toer gekyk Sondag. Tydens die sessie het ek vele goeie herinneringe van my eie toerbelewenisse opgeroep. Dalk moet ek weer fietsry. Eks seker ook net bietjie gatvol van alles moet uitstel die hele tyd totdat ek klaar geswot het – ek moet seker net my gat in rat kry en leer en klaarmaak…

Aldus die Maandagoggend klaagliedere van Jakie

 (Casper de Vries het op Johan se blog gecomment – hoe cool is dit net nie!!!! – gaan kyk gerus)

 
4 Kommentaar

Posted by op Maart 12, 2007 in Uncategorized

 

4 responses to “Wat dryf jou vere?

  1. freddy

    Maart 14, 2007 at 5:42 vm

    Al reken jy daar het nie veel gebeur nie, klink dit ten minste of julle goed saam geClick het! Dis ook nodig!

     
  2. jakie

    Maart 14, 2007 at 12:50 nm

    Jys beslis reg. Ons het lekker geClick. Dankie vir jou comment. Ek geniet jou publikasies baie baie.

     
  3. idiwidi

    Maart 16, 2007 at 7:26 vm

    Ek is gewoonlik nie een vir komedies nie (veral die diE’s met ‘n irriterende stroperige gelukkige einde nie), maar ek het ook Click geniet. Dit het ‘n bietjie substansie gehad.

     
  4. jakie

    Maart 16, 2007 at 7:37 vm

    Ek stem Idiwidi – ek is egter ‘n sucker vir soppy eindes!🙂

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: