RSS

Stoom my velange

30 Apr

Vandag was ‘n tipe onamptelike vakansiedag vir baie mense. Vrydag was vryheidsdag en more is werkersdag. Vandag is sommer net afdag. Maar vir my was dit dalk ‘n af dag aangesien ek moes kom werk. Dit was veral bietjie sleg omdat ek so ‘n lekker naweek met die kleine Anja en ma gehad het – en ook omdat ek weet die kantoormense in St Helenabaai het af vandag.

Dus was dit maar met ‘n swaar hart dat ek die lekker vryvloeiende N1 Milnerton toe vat. Ek gryp met my uitloop ‘n Beach Boys CD, omdat ek dink hulle omtrent die enigste ouens was wat my in die mood vir die dag kon kry. En weet jy, dit het nogal gewerk. Wat dit egter ook gedoen het was om ‘n paar aangename herinneringe los te stoom in my.

Snit nommer 7 op die CD is “Surf’n USA”. Die herinnering hiernaan is dit:

Toe ek nog baie klein was, het my broer per geleentheid my ma se ou plaatspeler uit die kas gehaal. Dit was so ‘n tassie bedryf waarvan die deksel die luidspreker was. Op die draaitafel was ‘n rooi rubber laag sodat die plaat nie beskadig nie. Dan het hy Beach Boys se Surfin USA opgsit en dit was natuurlik die titelsnit. En dan onthou ek soos gister as daai ou die kitaar begin en die ou begin sing… dis nogal ‘n vogtige oomblik vir my.

Reenerige dae soos vandag laat my gewoonlik heimwee kry na my ma se kombuis en my kamer toe ek nog klein was. Sy was ‘n huisvrou en so het ek altyd “the fortunes of having a mom at home” beleef – dit terloops een van my learskool mondeling temas. Middae het die aroma van aandete begin opwelm en reendae het vir my Mecano en Lego in die veiligheid van my kamer beteken. Veral Saterdae het my ma haar ou plate gespeel – oor en oor en ek het met groot plesier daarna geluister terwyl dit die huis vul – en ek in my kamer speel.

Jim Reeves was nogal een van my ma se gunsteling huisskoonmaak plate – ek onthou Jim se klanke saam met die reuk van meubelpolitoer en geskuifde meubels en opgerolde matte – ja my ma kon nogal ‘n huis op sy kop draai as sy skoonmaak. Gelukkig pla sy nie meer so erg daarmee nie!

Saterdae was dit my pa se beurt met sy Elvis plaat, CCR en hope 7 singles. Ek het nogal nou die dag weer geluister na Blue Train. Baie country plate en so bietjie boermusiek – en dan natuurlik daai een snit op die Vyfster plaat… o ja! As die gier oor was , het ek die plaatspeler geannekseer en na Oom Kaspaas, Adoons hulle, Pinochio, Liewe Heksie en Heidi geluister. Daar is GEEN vervanging vandag vir daardie tipe kwaliteit nie. Dis jammer dat kinder met K soos Poci-crap en Draakbal Znork met opgeskeep sit – baie jammer…

 Nou die dag was daar ‘n mikroskopiese insetsel oor Wielie Walie op Pasella – maar seker omdat dit Paselle is, is dit soos ‘n demo – dis net ‘n lusmaker – maar net te min. Ons het die insetsel opgeneem en letterlik oor en oor gekyk. Die gevolg is egter dat ek daagliks vir Anja Wielie Walie se tema lied op die blikfluit speel – tot haar groot genot natuurlik.

Heng – dit was nou lekker.

Ek het weer ‘n video van Anja geneem op my selletjie – sal dit verwerk en weer plaas.

Groete

 
3 Kommentaar

Posted by op April 30, 2007 in Uncategorized

 

3 responses to “Stoom my velange

  1. Jo-Ann Schou

    Mei 1, 2007 at 7:11 vm

    Nostalgie… Dit is die goue oomblikke van ons gisters wat ‘n koue en grys vandag kan omtoor in ‘n heel snoesige ervaring. Ek het gelukkig ‘n hele vrag goue oomblikke. My hart gaan uit na die wat lewe sonder die vreugde wat ons ken. Geniet jou dag saam met jou mense. Ek vat my boet se kiddies vir sommer rondloop. Ons gaan milkshake soek!

     
  2. jakie

    Mei 2, 2007 at 10:23 vm

    oooo – dit klink na ‘n lekker outing. Glo jy het dit geniet. Dankie vir die inloer!

     
  3. Johan Swarts

    Mei 3, 2007 at 12:57 vm

    ek onthou vir wielie walie. although nou lyk die aanbieders vir my meer soos pedofiele as enigiets anders…

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: