RSS

Ceres

28 May

Ek en die gesin het Sondag Ceres toe gery. ‘n Voortrekker vriend van my bly en werk daar. Dit was ‘n behoorlike prag ervaring, want die pad soentoe was alreeds die trip werd. Die goeie geselskap het natuurlik die kroon gespan.

 Ons het die N1 deur die Hugenote tonnel geneem tot net voor Worcester. Daar het ons link gedraai by die bordjie wat Ceres spel. So maar aangekronkel deur die berge tot by die Michells Pas. Die so ‘n mooi stuk pad. Al langs die Bree rivier. En dan die mooiste is hoe jy reg bo-op die berg uitkom in Ceres. Die dorp het my verwating oortref. Dit was skoon, mooi en gemeng van herfs en groen. Met die wilde natuur letterlik net ‘n klipgooi na enige kant toe. Omtrent almal se tuine is netjies en almal het ‘n berguitsig!

Ek en Annelize het nou die dag vir Everwood gesit en kyk en gewonder of daar regtig sulke oulike eenvoudige skoon en opregte dorpies bestaan (soos die sprokies wereld van die Gilmore Girls). Lyk my Ceres kom bleddie naby!

Ek het so ‘n stukkie gevang van The Specialist op Etv oor die naweek. Daar het ek een van die kaasagtigste aanhalings gehoor. Sharon Stone se karakter se iets soos “They say you shape your charges”… of so iets. Dan se Stallone se karakter “How I shape them is my business.” Hy jy jou bommaker. Ek hoor jy rol jou plofstof. Hoe ek my bolletjies rol is my besigheid! Ai ai…

 
7 Kommentaar

Posted by op Mei 28, 2007 in Uncategorized

 

7 responses to “Ceres

  1. Johan Swarts

    Mei 28, 2007 at 9:48 vm

    het julle appels geëet?

     
  2. boerinballingskap

    Mei 28, 2007 at 1:50 nm

    Dankie vir die mooi prentjie wat jy skets. Daardie wereld IS bitter mooi!

     
  3. jakie

    Mei 28, 2007 at 2:02 nm

    Nee Johan – ongelukkig het ons ons gewend tot ons karnivorise selwers en braaivleis ge-in. Dit was lekker.
    Dankie Boer – Na jou mooi opmerking was ek genoop om my storie weer te lees waarna ek besef het my woorde skiet te kort. Wanneer ek weer gaan sal ek piekies neem en publiseer!

     
  4. idiwidi

    Mei 28, 2007 at 2:09 nm

    Ek verlang na Suid-Afrika se berge!!!!! En die langpad.

     
  5. boerinballingskap

    Mei 28, 2007 at 2:11 nm

    Ditto!

     
  6. Jo-Ann Schou

    Mei 28, 2007 at 5:34 nm

    Was op die langpad Bloem toe van die Kaap af. Die bergpieke met die sneeu in Oudtshoorn se rigting is vreeslik mooi. Ek is mal oor langpad ry!

     
  7. René Boshoff

    Julie 5, 2007 at 9:58 vm

    Heito – dis my dorp daai! Daar gebore en 18 jaar daar gebly! En nou bly ek in ‘n dorp met GEEN berge nie! Ek kan nie beskryf hoe baie ek daardie berge mis nie! Die skoonouers het op Ceres gaan aftree, so gelukkig gaan ek nog gereeld “huistoe”! As ek weer kan teruggaan Ceres toe, doen ek dit sonder om ‘n twee keer daaroor te dink!!!! Dis waar my hart is!

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: