RSS

Kan jy afvat van jou geloofslewe?

30 May

Kerk 

Ek het ‘n lys van gemeentelede (in ons gemeente) tussen 25 en 40 getrek by ons kerkkantoor. Ek is natuurlik ook op die lys aangesien ek nou 30 is. Die doel was om bietjie te kyk na die name en op ‘n manier kontak te maak met die mense. Ek wil graag weet of hulle nog in die gemeente is. Indien hulle nie meer is nie – waar is hulle nou en dalk hoekom hulle weg is.

Ook sou ek wou weet indien hy/sy nog nog hier is – wat sou hy/sy graag wou meer beleef as wat daar huidiglik beskikbaar is of waarvan hou hulle nie. So ‘n stelling kan dalk mixed feelings skep aangesien mens sou kon redeneer hoekom daar “iets” moet wees wat die mens stimuleer. Hoekom kan hy/sy nie net doodeenvoudig ‘n verhouding met die Here he en Sondag oggend kerk toe gaan en kom EER gee aan sy God saam met ander gelowiges nie. Is die presentation dan so belangrik vir die moderne mense om met die Here te kan omgaan?

Wat se verskil sou dit maak indien hy/sy/ek in die middel van die woestyn sou sit onder ‘n boom en ek moes “kerk” hou. Sou dit dan nie kon gebeur nie. Of sou dit dalk vanuit ‘n moontlike noodsaak ‘n noodsaaklikheid word vir hulp. Of sou dit die beste kerk wees wat ek ooit kon hou…

Jong mense kan dalk maklik vandag (dalk te maklik) ‘n te kort aan “side shows” blameer vir ‘n geloofs/geestelike droogte. Dis moontlik lekkerder daar waar dit wild gaan – dis beslis lekker om saam met ander gelowiges baie opgewonde te raak as jy jou hart sou bv uitsing oor die liefde van Jesus terwyl die band daarvoor hulle Godgegewe talent uitbasuin oor luidsprekers. My probleem is net dat wanneer daai ou daar uitstap – hoe is sy/haar verhouding met God dan. Was dit ‘n great oomblik in die hitte van die oomblik of was dit nog ‘n great oomblik in ‘n hele dag van great oomblikke saam met God. Sou hy/sy met sy/haar vriende deel dat dit nou lekker was en dalk daardie aand nog geestelike gesprekkies voer en Maandag is dit back to the old ways?

Of sou hy/sy daardie aand en die res van die week die lied nog in sy/haar hart dra en die loflied vir die Here voort neurie in die lewe – resoneer sy/haar lewe ELKE dag die lof aan die Here??

Of kies hy/sy om net eenvoudig glad nie tyd met die Here deur te bring nie. Nevermind nou van kerk toe gaan. Net om ‘n konstante bewustheid van die Here at least te he. Nou en dan spontaan met die Here praat terwyl hy/sy werk of klas toe ry/loop.

Of is daar niks…

Jong mense raak arrogant in hulle wysheid en jeug – en vergeet die Pottebakker darem nogsteeds die beker gemaak het – nie andersom nie.

Terug na my aanvangsparagraaf – hoe kry ek die sentiment by die jonges in ons gemeente. Ek sou seker aktief vir hulle kon bid – Dis immers die Heilige Gees wat mense van Hom oortuig, nie ek nie. Ek kan seker wel die boodskappie bring.

Ek vra die vrae, omdat ek self per geleentheid kitaar voor in die kerk slaan – en dan juis nie saam met ‘n band nie. Net ek en nog ‘n klawerbord. Dit dien duidelik nie in die behoeftes van ENIGE van ons gemeentelede nie (nevermind die jonges). Ek reken ‘n gereelde bywoning van 10 saans spel dalk dit. En ek sal eerste wees om te erken dat dit baie lekker is om saam met ‘n paar band lede lofmusiek te maak en ‘n geruis van gelowiges (hopenlik) juig saam. Dis die AMAZINGSTE belewenis. Ek mis dit. Maar as ek daarvoor staan en sing – dan doen ek dit vir die Here. Ek sal heel aand daarvoor alleen ook staan en sing – ek gee nie om nie. Ek connect met die Here in musiek terme dan. Wie my wil join is welkom. Moet net nie ‘n show verwag nie.

 Maandag sal ek werk toe gaan en dan dankie se vir die Here oppad dat Hy my en my gesin bewaar het deur die nag. Ek sou Hom loof omdat Hy groot en almahtig is. Ek sal seen vir die dag vrae. En ek sal dankie se vir genade…

 
7 Kommentaar

Posted by op Mei 30, 2007 in Uncategorized

 

7 responses to “Kan jy afvat van jou geloofslewe?

  1. johannes_11

    Mei 30, 2007 at 12:52 nm

    Hallo Jacq

    Ek dink as Geloof eers in jou hart kom “tabernakel” het is jy 24/7 in Sy diens.

    (Psa 127:2) Tevergeefs dat julle vroeg opstaan, laat opbly, brood van smarte eet—net so goed gee Hy dit aan sy beminde in die slaap!

    don’t just do something… stand there…

     
  2. freddy

    Junie 1, 2007 at 5:59 nm

    Jy laat my wonder of ons eenkeer iewers saam sal kan band.

     
  3. Johan Swarts

    Junie 14, 2007 at 5:25 nm

    amper…die tyd vir amarula is aaamper😉

     
  4. Willem

    Junie 22, 2007 at 12:59 nm

    Jacques ek het nou net jou post gelees en begin wonder oor die toekoms en die nou. En oor hoekom ek nie meer kerk toe gaan nie. En oor die wegjaag eens lank lank gelede. Verander die vrae ooit?

     
  5. jakie

    Junie 22, 2007 at 1:40 nm

    Freddy – dit klink na ‘n goeie plan!

    Johannes_11 – dankie vir Ps127: speel ‘n groot rol op die oomblik in die saak!

    Johan – o jaaaaaAAAAAAA!

    WIllem – as ek mag vra Willem (want ek dink dit sal my ook help dinge verstaan) hoekom gaan jy nie meer kerk toe nie?

     
  6. Kowie

    Junie 22, 2007 at 5:49 nm

    Voor ek tot bekering gekom en wedergebore is, het ek ‘m miljoen redes en dinge gehad hoekom ek kerk kon pass – alhoewel ek ‘n kerkgaande Christen was. Nou het ek net EEN rede hoekom ek asseblief nie ‘n diens wil mis nie. Wat gaan soek ek daar en wat kry ek daar? Nice musiek? Ja, maar ek het mooi CDs en ‘n baie harde surroundspeler ook. Gemeenskap van ander gelowiges? Ja, defnitief, maar ek is net so happy in die oop veld. Wat ek wel daar kry wat ek nie op my eie kry nie, is insig in die Woord en ander leeringe. Maar die heel belangrikste is die teenwoordigheid en die bediening van die Heilige Gees. As ek die dag nie meer die Heilige Gees in ons kerk en Sy werking ervaar nie, moet ek daar wegbly. Mooi Loop.

     
  7. jakie

    Junie 25, 2007 at 7:14 vm

    Dankie Kowie – As ek jou reg lees, dan sê jy dat jy kerk toe gaan om die Woord beter te verstaan en daarin te groei deur dat die HG jou daarmee help deur die prediker en die Woord self natuurlik. En dan ook jou brandende behoefte om daar te wees waar die Woord gelees en geleer word en waar die HG die Woord openbaar.
    Die keerpunt vir jou was dus by jou wedergeboorte – wat sin maak. Dis tog wat Jesus mos ook gese het? Is dit dan wat kort by onaktiwe lidmate/Christene vandag? Hulle is nie wedergebore nie? Of is dit te ‘n simplistiese opmerking…

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: