RSS

Begrip

25 Jun

 Kruis

Gisteraand het ons ‘n fantastiese opsomming en herbevestiging beleef in ons kerk oor die waarheid agter ons verlossing deur Jesus Christus. Dat was aan ons bedien deur ‘n teologiestudent van Stellenbosch. Sy  het dit aan die hand van Gal 3 bedien.

Vanoggend sit ek en wonder biejie oor al die goed. Dis ‘n persepsie by my dat die mens nie lekker houvas kan kry aan die genadeverlossing nie. Ons bly sukkel met die idee dat ons vrygekoop is en dat ons niks meer hoef te doen daarvoor behalwe om te glo in Jesus Christus nie. Ons lyk my sukkel baie nog op ‘n manier met dieselfde goed waarmee die ouens (en vrouens) in die Galasiers mee gesukkel het.

Dis vir my vreemd dat ons as Godontwerpte en gemaakte mense nie die diepte van Sy liefde kan begryp nie. Dis jammer dat ons makliker vat kry aan wereldse waarhede. Dis asof God half uit besef vir die nood op aarde die agenda bietjie verhaas het om herstel te bring en dit tot gevolg het dat ons nie lekker verstaan nie. Selfs Jesus het per geleentheid Sy volgende vermaan dat hulle nie verstaan wat Hy sê nie – al het hulle ‘n pad met Hom geloop. Nou nog lyk dit my so…

Maar dan is dit NET ‘n God van liefde wat met sulke onvoorwaardelikheid kan optree. Ons moet dalk net ons Goddelike erfenis en verbondenheid opneem en eerder daaraan vasklou as die valsheid en leuns van die wereld. Hierdie Predikeragtige gejaag na wind sal jou straks NIKS in die sak bring as jy dit ten koste van jou Geloof in die lewende God doen nie.

Vrede vir jou!

 
Lewer kommentaar

Posted by op Junie 25, 2007 in Geloof

 

Etikette: , , , ,

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: