RSS

Getuies van Wie?

08 Jan

‘n Baie goeie vriend van my (huisvriend) het in verlede jaar aan my meegedeel dat hy nou ‘n Jehovah getuie is. Hy was nogal skrikkerig om dit met my te deel – bang dat ek ons vriendskap sal beeindig. Maar ek het hom meegedeel dat solank hy die die Here liefhet, maak dit mos nie saak nie. (om die waarheid te se, niks sal regtig ons vriendskap beeindig nie).

Later was ek bietjie jammer dat ek nie meer kennis gehad het oor die getuies nie. Dit het my tot baie web soeke gedring om meer te leer oor hulle manier van dink.

Die meeste mense wat ek die storie meegedeel het het duidelik ‘n tekort aan kennis gehad oor die getuies en daar bestaan beslis baie wanvoorstelle oor hoe hulle glo en dink.

So ver ek kan aflei is die vernaamste verskille tussen die deursnee Christen geloof en die getuies dat hulle nie Jesus as God erken nie, maar wel al die ander benaminge en rolle (verlosser, gesalfde, seun van God ens). En dan is hulle baie gesteld daarop dat God se naam Jehovah is en dat jy Hom so moet aanbid. En hulle glo nie in die Goddelike drie-eenheid nie. Daar is net een God entiteit, en dis die Vader (of dan Jehovah soos hulle dan Hom aanspreek).

My gedagtes hieroor het op die ou end toe tot ‘n informele gesprek gelei met hom hieroor. En so kon ek uit sy eie mond die bogenoemde aannames maak.

Wat vir my sleg is, is die volgende:

  • hulle bybel is 99% dieselfde as die RES van die Christelike wereld s’n, behalwe dat dit spesifiek na Jehovah verwys ipv Here by verskeie tekste asook klein woordverskille wat Jesus dan NIE as God verklaar nie (terloops op die net het ek gelees dat Jehovah en Jahweh van YHWH afgelei is wat Here beteken…
  • hulle kies om nie die normale feeste van die res van die Christendom te vier nie, bv Kersfees en Paasfees (hier vier hulle dit, maar op hulle eie datums) asook verjaarsdae ens.
  • hulle distansieer hulleself van die res van die Christendom deur nie die kruis te aanvaar as die medium waarop Jesus gesterf het nie, maar wel ‘n paal – hier dink ek dis baie oulik, want die kruis is die een simbool wat die HELE Christendom mee assosieer
  • hulle het geen gevoel van eenheid met kultuur of die land waarin hulle woon nie – hulle salueer nie vlae nie en sing ook nie nasionale liedere nie – hulle is burgers van een koninkryk – en dis nie van die wereld nie.

My vriend beleef ‘n ongelooflike gevoel van diens en doel by die getuies en sy kerkbywoning het deur die dak geskiet – ek is oortuig hy gaan nou meer kerk toe as deur sy hele lewe. Hy is nou aktief in bybelstudie betrokke, maar is nog skrikkerig vir evangeliseer van huis tot huis (wat natuurlik die ding is waarvoor hulle bekend is)

Wat my baie laat wonder, hoe kan ‘n ou wat groot geword het onder die teologie dat Jesus God is, net eendag kan oorskuif na ‘n kontroversiele kerkgemeenskap, tuis voel daar en dan sonder om te wonder daaroor gelate aanvaar dat Jesus nie God is nie.  Dis ‘n rede wesenlike geloofskuif om te maak.

 
1 Kommentaar

Posted by op Januarie 8, 2010 in Geloof

 

Etikette: ,

One response to “Getuies van Wie?

  1. lizel

    Desember 18, 2015 at 6:28 nm

    Goeie dag. 1ste is jy n baie goeie vriend en dit se ongelooflik baie van jou. Ek sien jy het die komentaar al in 2010 gelos. Maar ek nou op dit afgekom. Ek kan dink dat dit vreemd is dat n mens wat altyd in die 3 eenheid geglo het skielik nie daarin glo nie maar as jy saam die Jehovah getuies studeer kan jy binne n week/maand of selfs dae vat om te besef dat dit nou sin maak dat dit wel nie is nie en dat as mens die bybel reg verstaan en reg lees baie ander dinge ook sal sin maak vir jou. Baie sterkte vir jou vorentoe en hoop jou vriend kan jou help met nog enige vedere vrae.

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: