RSS

Baba voorraad

11 Jan

Ousus en kleinboet

Ai, babas is baie soos motorfietse. Veral as dit by die diens daarvan kom. Hulle is pragtig en lekker om mee te speel. Maar hulle benodig ook dienste elke nou en dan en kan gou gou onstabiel raak as iets nie versien word nie.

Hier is die goete wat ons gebruik vir klein Jacques se dienste:

Gatsalfies – Bennets se bum cream – Checkers het somtyds twee klein potjies vir minder as een groot pot se koste

Wipes – Pampers se alloe vera – jy kry ‘n tweepak vir R30 by Toys R Us

Doeke – Pampers se reeks – goeie doek en ons kry Vitality afslag – maak net seker jy koop die een met die rekbare band (nuwer voorraad)

Wasmiddel – Crayons se baby wash – ryk baie baie lekker en sag op baba se vel – Jakie het maar ‘n sensitiewe vel

Meds: (hierdie is standaard voorraad om ALTYD in die huis te he)

Panado Ped stropie (aarbei) – vir koors meestal

Ponstel (nie Ponstan nie) – hierdie goed het ‘n lekker minty smaak – kry maar die GROOT bottel – vir seer keel en koors. Ons noem dit beertjie want daar is ‘n beertjie op die bottel (dit werk vir die kleintjiesšŸ™‚ )

Demazine – vir slym en snotterasies. Ons noem dit baba want daar is ‘n….. julle kry die idee.

Teejel – vir die seer tandvleisies as die tande begin pla

Nurofen Ped – hierdie is hardcore koorsmeds – vir as Panado nie meer werk nie – fantastiese goed en jy kry ‘n baie handige meds spuitjie by. Dis egter nie iets wat jy die hele tyd vir die kind ingee nie – as dit nie werk nie, sal jy dalk maar ‘n dokter moet raadpleeg

As ek reg onthou is sommige van die goete nie aan te beveel vir kleintjies onder 6 maande nieĀ  en dit hang ook af van die gewig van die baba (xg/kg masse ens). Jacques is nou 8 maande en kry nou van als in.

Jakie het baie seer boutjies gehad en dit het selfs bietjie gebloei op ‘n stadium in sy baie early days. Goeie raad van die ouer geslag – stof sy hollie met Maizena af (Mielieblom). Wondermiddel!

Daarsy – verder word babas groot op BAIE soentjies en drukkies. Wat is dan nou lekkerder as om jou kleintjie so teen jou te hou en sy dun haartjies teen jou mond te vry en te ruik…………

Hierdie is die middele wat ons gebruik en beteken nie noodwendig dat dut vir jou gaan werk nie. Die beste is om eers (veral rondom die meds) met jou pediater te konsulteer voor jy dit aanskaf of gebruik.

 
Lewer kommentaar

Posted by op Januarie 11, 2010 in Uncategorized

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: