RSS

Getuies van wie? 2

15 Mar

Saterdagoggend het die Jehovah getuies weer ons buurt betree. Ons het nogal ‘n groepie van hulle verby gery oppad huistoe – mos altyd in veelvoude van twee. met ons aankoms tuis vind ons die voubiljetjie wat hulle onder ‘n vygiebossie ingeplant het.

Ek neem toe die traktaatjie en besturdeer dit krities:

Voorop was ‘n prentjie van Jesus wat bebloed (maar darem nie tot die dood nie) met Sy hande vasgebind voor hom terwyl Hy opkyk in ‘n rooi shouer kleed (as ek dit nou reg onthou). Binne in word vertel van Jesus wat vir jou sondes gesterf het en die verlossing van die wereld gebring het. Alles baie mooi. Dan nooi hulle jou uit na die herdinking daarvan en dan hulle adres en so meer.

Wat my so bietjie omkrap is dat dit op die oog af soos net nog ‘n deursnit Christelike kerk voorkom. Niks in daardie traktaatjie het enigsins iets laat deurskemer van die bedenkilike leer waarmee hulle nou eintlik hulle self me assosieer nie. So as jy ‘n versdwaalde Christen was en soekend was, en dit kry, sou jy dalk soentoe gegaan het. En dan sal jy stadig en baie berekend met hulle dwaal bearbei sou word totdat dit uiteindelik die waarheid word.

Die volgende gedagte by my was toe, maar wat doen ons gemeente/kerk om die “aanslag” teen te werk? Ek sit en top hieroor amper daagliks, maar doen niks. Daarom gaan ek nou self betrokke raak by ons gemeente se plaaslike uitreikaksie om fisies mense uit te nooi om by ‘n kerk (al is dit nie eens ons kerk nie) waar Jesus regmatig as Here en God aanbid word – en nie God se eerste skepping nie…

 
Lewer kommentaar

Posted by op Maart 15, 2010 in Geloof

 

Etikette: ,

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: