RSS

Ek is ek en eks my gek

10 Oct

Ek het nou die dag bietjie gesit en dink oor my geloofslewe as Jesus volgeling. En die woord ellendeling was baie gepas. Later toe kom die naam Jona ook by my op. En ek was in die vis se maag. Dis maar ‘n sleg plek om te wees. En ek het nie eens die land verlaat nie.

Ek praat baie met die Here in my voertuig. Verkeer bied dus gulde geleentheid vir die aksie. Maar dan praat ek ook gereeld te veel en luister te min. En ander kere dan hoor ek ‘n opdrag, belowe dat ek dit getrou sal deurvoer en dan gaan sit ek agter die volgende muur en bekommer my eerder oor die komkommerplant.

Ek en my gesin sal die Here dien – sê ek – en dan bid ons nie saam nie, ons lees nie Bybel saam nie en ek en my vrou lê nie ons sake voor die Here se voete saam nie. Knap gedaan Daniel. Jy probeer 10 leeus in die hok beklei en die Engel staan eenkant en skud net sy kop.

Maar dan soms spoeg die vis jou uit. En die engel hou die leeus se bekke toe. En dan besef jy dat die Here ‘n LEWENDE verhouding met jou verlang. En die hy bring jou terug na Jerusalem. En jy besef dat jou eerste prioriteit is om as hoof van jou gesin seker te maak dat jou gesin se verhouding met die Here lewende en groeiend is. Die ander goed kom volgende.

Ek wou op prinse nie vertrou nie en het probeer om my nie te verlaat op die jong mannse se krag nie, en vind toe ek is die prins waarop iemand nie kan staat maak nie en ek was die jong man wat moeg en sat geraak het.

Heits, maar die Here is genadiglik groter as al die nietige sake van my, maar lief genoeg om betrokke te raak my by ellendige nietigheid. Die eerste gelowiges was gewone ouens wat in huise bymekaar gekom het en mekaar versorg het, en die HERE self het mense by Sy gemeente gevoeg. En so versorg ons mekaar en deel ons met mekaar die wonder van Jesus. En ons leef in liefde teenoor almal en almal is ons goedgesind. Hmmm, gebeur dit nog so?

Persverklaring: Ek is ‘n Jesus volgeling! En ek en my gesin kies om die Here te dien.

 
Lewer kommentaar

Posted by op Oktober 10, 2011 in Geloof

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: