RSS

Langpad meditasie

27 Oct

Daar is ‘n stuk vrede
As ek my afsonder
Met my oorproppe
En valhelm
As die horison om jou strek
En die ver geraas van wind
jou sus tot vrede
en jy voel die vibrasie
van jou getroue yster
wat klokslag werk
en jou slinger oor die aarde
En na jy rustig geword het
en die pad jou klaar gegroet het

dan dwaal jou gedagtes ver
terwyl jou oë wag hou
en jy bepeins gister
en more

Dan is die pad nie lank genoeg nie
vir jou siel om leeg te maak
en sy sake van die hart
te verklap aan die wind en die pad

en die enjin wat gewillig en getrou
werk onder jou.

 
1 Kommentaar

Posted by op Oktober 27, 2011 in Gedigte

 

Etikette: ,

One response to “Langpad meditasie

  1. Jakie

    November 3, 2011 at 7:13 vm

    Ek het die voorreg gehad om Vredenburg met my Harley Davidson Sportster 883 te ry vanaf Bellville. Hierdie was ‘n herinnering van die reis.

    Niks vreeslik kripties oor die gedig nie. Dis maar net ‘n samevatting van emosies en belewenisse wat hopenlik iets sal verklap van die genot van langpad ry en vir die motorfietsryer behoort daar iets bekend in te skuil.

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: